Cyril ontwyk vrae

Cyril ontwyk vrae

Pres. Jacob Zuma giggel en trippel rond om vrae in die parlement te ontduik en die adjunk-president, Cyril Ramaphosa glimlag net as dinge te warm vir hom word.
Sy ANC-makkers het hom probeer beskerm toe die EVV vrae oor sy verbintenisse met MTN en Lonmin gevra het.
Soos ‘n pryssanger het die ANC eers vertel van Ramaphosa se rol in vredesproses in Suid-Soedan, maar Mbuyiseni Ndlozi van die EVV het gesê dat Ramaphosa het bande met MTN wat in Nigerië beboet is, asook met Lonmin. 
Ndlozi het gesê dié belastingontduikery is diewery.
Ndlozi wou geweet het hoe kan Ramaphosa met enige vredesproses vertrou word as hy bewys het dat hy in die Suid-Afrikaanse vredesproses slegs kapitaal beskerm het.
Ramaphosa het Ndlozi se vraag beantwoord sonder om na Lonmin of MTN te verwys en gesê dat alles wat hulle doen in die heersende party beoog hulle om aan die beginsels verskans in die Grondwet te voldoen. Waar daar tekortkominge of foute is, probeer hulle dit altyd regstel.
Waarop geantwoord kan word dat die foute word verander deur die wette te verander en nie die foute nie.
Ramaphosa is ook, soos die vorige dag in die Nasionale Raad van Provinsies, oor die krisis met universiteitsgelde uitgevra. Soos die vorige dag het hy nie besonderhede verskaf nie.
Oor die #FeesMustFall-veldtog het hy gesê die regering hanteer die kwessie al vir ‘n geruime tyd. Hulle is die slagoffers van hulle eie sukses, het hy gesê.-Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!