SAL kla oor Vlieëniers se geld

SAL kla oor Vlieëniers se geld
SAL-vliegtuig

Oral waar daar nog te veel blankes is, sal die regering poog om ‘n rusie te veroorsaak en hulle finansieël en andersinds te na te kom.
Die omstede voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, (SAL), Dudu Myeni, sê dat die salarisse van die SAL se vlieëniers is onbekostigbaar. Die meeste van die vlieëniers is blank, vandaar die goeie veiligheidsrekord van die SAL wat nog in stand gehou word.
Haar opmerking het die vereniging wat die SAL se bykans 800 vlieëniers verteenwoordig, laat skuim om die mond.
‘n Vergadering sal tussen kapt. John Harty, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlieëniersvereniging (Saapa), en Myeni gehou word.
Die woordewisseling tussen Harty en Myeni het ontstaan toe Myeni vroeg in September voor die parlementêre portefeuljekomitee oor finansies gesê het dat die SAL se vlieëniers besig is om die SAL te “dreineer”.
Harty het toe in ’n brief teruggekap en gesê dat toe Myeni gevra is wat die lugdiens se grootste probleem is, moes sy eerder gesê het: “Meneer die voorsitter, die SAL het oor die jare heen miljarde rande se reddingsboeie opgesuig weens swak korporatiewe regering, inmenging deur die aandeelhouer (regering) en bestuur wat lyk soos die kinderspeletjie stoeldans.”
Myeni ontken dat daar enige inmenging deur die regering by die SAL is.- Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!