Limpopo tot rampgebied verklaar

Limpopo tot rampgebied verklaar

Dit is die ergste droogte in jare en daarom is Noord-Transvaal tot rampgebied verklaar. 
Stan Mathabatha, premier, het die besluit, wat vroeër die dag op ’n vergadering van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) geneem is, bekendgemaak.
Hy sê die droogte raak al die distrikte en plaaslike munispaliteite.
Landbou-organisasies het gesê dat kommersiële vee- en wildboere in die streek het reeds begin om hulle kuddes te verminder.
Drickus Botha, streekbestuurder van TLU SA-noordstreek, sê sy landbou-organisasie het al in Mei vir Joy Matshoge, LUR van landbou in Noord-Transvaal, gevra om dringende stappe te doen om droogtehulp te verleen.
Mathabatha het gesê die Departement van Landbou het R3 miljoen opsy gesit om voer aan te koop vir boere wat erg deur die droogte geraak word.
Hy het gesê die provinsiale tesourie sal samesprekings met die Nasionale Departement van Water en Sanitasie hou om oor verdere droogtehulp te praat.
Dit is veral die westelike deel van die streek wat in ’n droogtewurggreep is. Kenners meen dit is die ergste droogte sedert 1992.
TLU-SA het hulle teleurstelling met Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie uitgespreek nadat sy aangekondig het dat boere nie geldhulp vir die droogte gaan ontvang nie.
Sy het op ’n inligtingsessie oor die droogte in Johannesburg gesê boere sal moet aanpas by omstandighede.- Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!