200 beseer in treinongeluk in Germiston

Skaars enkele dae nadat daar ‘n noodlottige treinongeluk in die Vrystaat was waarin 18 mense dood is, het ‘n tweede ongeluk naby Germiston plaasgevind.

Meer as 200 passasiers is beseer tot twee Metrospoor treine by die Geldenhuys stasie in Germiston gebots het.

Volgens nooddiens personeel het 163 passasiers matige beserings opgedoen terwyl 52 slegs ligte beserings opgedoen het.

Die ongeluk het plaasgevind toe die een trein van agter in die ander trein vasgery het.

Daar is reeds bevind dat die Germiston ongeluk die gevolg was van ‘n “menslike” fout toe twee treine kort na mekaar toegelaat is om op die selfde lyn in te kom weens sinjale wat skynbaar buite werking was.


Enjoyed this post? Share it!