TROK JAAG TUSSEN PROTESTEERDERS IN BY MPUMALANGA

Ons verneem met skok van ‘n voorval in die omgewing van Witbank, Middelburg in Mpumalanga waar ‘n trok trompop in die groep protesteerders ingejaag het. Daar het heelwat mense seergekry en van die geparkeerde voertuie by die Swart Maandag saamtrek is erg beskadig. Die bestuurder van die trok sowel as sy mede-bestuurder is gearresteer. Ons […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

HNP: Plaasterrorisme is reeds ‘n noodtoestand

Die HNP het die naweek by sy 48ste jaarkongres die voortdurende moorde op ons boere en ook ander volksgenote indringend bespreek. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die aanvalle op die plase niks anders is nie as plaasterrorisme. Die herkose leier, mnr. Andries Breytenbach, het gesê dit moet beklemtoon word dat hier van ‘n […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

SAID baas maak 180 grade omkeer – Dit is nou ‘n bietjies te laat

Tom Moyane, die vyfde SAID kommissaris sedert 1994, is in ‘n hoek gedruk deur die ouditeur-generaal se verslag. Dit kan gebeur dat SAID die eerste keer in die geskiedenis ‘n gekwalifiseerde ouditverslag kan ontvang en dit weens Monyane se vrygewige uitdeel van R3 miljoen se bonusse aan sy topbestuur. Moyane het erken dat hy verkeerd […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Durban se stadsraad is nie opgelei en gekwalifiseerd om hulle werk te verrig

Die Durbanse stadsraad ondervind voortslepende probleme met verbruiker se rekeninge en die afsny van elektriese toevoer. Dit vind plaas weens die feit dat die bestuur van die stad se inkomste departement nie opgelei en gekwalifiseerd is om die werk te verrig nie. Die inkomste projekbestuurder het geen IT ondervinding nie, aldus bronne binne die raad. […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus: Doodskis vonnis is dubbele standaarde wat rassepolarisasie in Suid-Afrika kan aanwakker

Die VF Plus is van mening dat die strawwe wat opgelê is aan twee mans in die sogenaamde ‘doodskissaak’ buitensporig is en dat dit dubbele standaarde skep wat rassepolarisasie in Suid-Afrika kan aanwakker, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Dr. Groenewald sê dit was lank reeds duidelik dat die twee mans, Theo […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Staat kan nie gratis tersiêre onderwys bekostig nie al het Zuma belowe

Die Heher kommissie verslag van meer as 700 bladsye oor hoër onderwys het aangetoon dat gratis tersiêre onderwys nie haalbaar is in die nabye toekoms nie. Die verslag het uitgelek nadat dit reeds maandelank op Jacob Zuma se tafel lê, en hy is ook nie aan sy afgedankte minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, gegee […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Rokers van Carnilinx se sigarette is onwetend besig om Dlamini-Zuma te befonds

Dit het die naweek aan die lig gekom dat Adriano Mazzotti bydra tot Dlamini-Zuma se veldtog om as president van die ANC oor te neem. Mazzotti is ‘n omstrede sigarette vervaardiger en dit word berig dat hy in 2014 in ‘n verklaring erken het dat sy maatskappy, Carnilinx, betrokke was by bedrog, belasting ontduiking en […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Rassehaat uitsprake toe Voortrekkers weggejaag word

Die VF Plus veroordeel die uitsprake van blatante rassisme en rassehaat in die Tshwane-metroraad na aanleiding van die besoek van ʼn groep Voortrekkers aan die raad ten sterkste, sê Sakkie du Plooy, VF Plus-raadslid vir die Tshwane-metroraad. Du Plooy sê die groep Voortrekkers het gevra om ʼn raadsitting by te woon om meer te wete […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Burgermeester stuur onsedelike foto’s van jong meisies op WhatsApp

Die ANC in Sedibeng het ‘n beroep op die party gedoen om die burgemeester van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, Simon Mofokeng, te herroep, nadat hy ‘n halfnaak foto van ‘n minderjarige meisie op die party se WhatsApp-groep gestuur het. Volgens berigte is die kind sowat 15 jaar oud en het die burgemeester die foto op WhatsApp […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Malema terug in die hof nadat hy sy ondersteuners aangemoedig het om grond onwettig te beset

EFF-leier Julius Malema sal Vrydag na verwagting in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste nadat hy sy ondersteuners aangemoedig het om grond onwettig te beset. Malema het in 2014, op ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein, aan EFF-lede gesê hulle moet grond beset. Nadat Malema verlede jaar op hierdie […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!