Standard Bank skors ekonoom

Skors ekonoom

‘n Persoon kan nou geskors word omdat hy ‘n twiet met “rassistiese ondertone” stuur.
Standard Bank het sy ekonoom, Chris Hart, Maandag oor ‘n twiet geskors. Die skorsing sal geld totdat ‘n ondersoek rondom die kwessie afgehandel is.
“Meer as 25 jaar nadat apartheid geëindig het, vermeerder die slagoffers tesame met ’n gevoel van geregtigheid en haat teenoor minderhede,” lui Hart se twiet Sondag op Twitter.
Die feit dat ander vir Hart as ‘n idioot beskryf het, het niemand ontstel nie.
Terwyl sommige Twittergebruikers Hart gesteun het, het ander ’n beroep gedoen dat Standard Bank geboikot word.
Die bank het ’n verklaring uitgereik waarin hy hom van Hart distansieer en sê dat die aanmerkings wat hy gemaak het, is feitelik verkeerd, maak onvanpaste aannames oor Suid-Afrika en het rassistiese ondertone.
Standard Bank beoorg tugstappe om seker te maak dat sulke aanmerkings in die toekoms nie met die die Standard Bankgroep vereenselwig kan word nie.
Hart se twiet was een in ’n reeks waarin hy hom oor die stand van Suid-Afrika se ekonomie uitlaat. Hy het later om verskoning gevra en gesê die twiet was bedoel om in die konteks van die stadige groei gelees te word.
In ‘n Redaksionele Kommentaar in Die Vryburger aan die einde van verlede jaar, is daarop gewys dat politieke korrektheid is in wese ‘n vervatting van die gruwelikste totalitêre beheer; die oorname van die individu se gees en denke. Met bogenoemde berig in gedagte kan dus net erger dinge vorentoe verwag word.-  Vryburger

 

Enjoyed this post? Share it!