wette-Truth-is-hate-speech-300x182

Die drakoniese Muilbandwetsontwerp wag nog net vir president se handtekening, maar intussen is daar ander soortgelyke wetgewing wat wag om in 2016 deur die parlement aangeneem te word.
Een daarvan is die Wetsontwerp op Kubermisdaad en Kubersekuriteit wat verskeie ander wette in een wetgewing sal vervat.
Hierdie wet sal die staat toelaat om inligting te klassifiseer waar hulle sal besluit of dit wettig of onwettig is om die inligting te besit of te versprei. As die Wet verbreek word kan ‘n persoon tronkstraf opgelê word.
In egte kommunistiese wyse is daar ‘n bepaling dat die staat privaateiendom as nasionale kritieke inligtinginfrastruktuur kan klassifiseer.
Dit beteken dat enige data, rekenaardatabergingsmedium, rekenaartoestel, databasis, rekenaarnetwerk, elektroniese kommuniskasie-infratruktuur of enige deel daarvan of gebou of struktuur kan vervreem word.
Die wysigingswet oor die uitsaaiwese wat teen die einde van verlede jaar op bedrieglike wyse by die parlement ingesluip is, sal maak dat die Minister van Kommunikasie en nie die parlement nie, alle sê oor die SABC sal kry.
Die voorgestelde regulasies vir die publikasie van inhoud op die internet skuil agter die verskoning om kinderpornografie te bekamp.
Maar in effek sal dit beteken dat enige organisasie of individu wat digitale inhoud op die internet plaas, eers by die Rolprent-en-publiksieraad (RPR) sal moet registreer.
Dit geld selfs foto’s van ‘n middagete of ‘n uitstappie na die dieretuin.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!