24 mense Landwyd die seisoen met varkgriep

PE-man met varkgriep aan masjien gekoppel

Jacques Verster (31), ’n werknemer van Dimension Data in die Baai, is deur ’n mediese span van die Netcare Greenacres-hospitaal na die Netcare Milpark-hospitaal oorgeplaas omdat daar ’n masjien beskikbaar is vir buite-ligaamlike membraan-oksigenering.

Dié tegniek word dikwels deur dokters gebruik om pasiënte se hart en longe ’n ruskans te gee terwyl die masjien die werk van dié organe verrig.

Verster was vir 12 dae lank siek met griepsimptome voordat hy verlede Woensdag in die hospitaal opgeneem is.

* Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar landwyd 24 pasiënte wat die H1N1-virus in dié griepseisoen opgedoen het. Drie van dié pasiënte is in die Oos-Kaap met die siekte gediagnoseer.

VOLGENS NIOS IS DAAR LANDWYD 24 PASIËNTE WAT DIE H1N1-VIRUS IN DIÉ GRIEPSEISOEN OPGEDOEN HET.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!