36 Vakansiegangers van Nederland word aangeval en beroof tussen lughawe en hul hotel in JHB

Wat ‘n droomreis moes wees, het gou in ‘n toneel uit ‘n lelike aksiefilm geëindig na ‘n groep van 36 Hollanders hierdie naweek in Suid-Afrika aangeval en beroog is toe hulle van die lughawe na hul Johannesburgse hotel op pad was.

Die groep het geld by die lughawe getrek vir die eerste paar dae van hul vakansie. Op die pad na die hotel word die bus deur ‘n motor met skitterligte oorgetrek en na ‘n stil plek gedwing. Die bestuurder het gedink dis ‘n polisiemotor. Sodra die bus gestop het, neem die gewapende mans die bus se sleutels uit en begin vra vir geld, juweliersware en ander waardevolle dinge. Onder dreigemente van wapens moes toeriste hul geld en ander waardevolle besittings oorgee.

‘n Ouer man in die bus is ook deur een van die rowers aangeval omdat hy nie sy trou ring vinnig genoeg af kon kry nie.

Die busbestuurder het êrens ‘n ander foon gehad waarmee hy uiteindelik hulp kon bied het.

Daar is glo meer as 15,000 euro kontant deur die rowers bebuit. Die groep Hollanders het nou niks meer nie, omdat selfs hulle tasse is deur die rowers geneem is. Baie slagoffers moet nou so spoedig moontlik na Nederland terugkeer.

Die passasiers is daarna by die hotel ingesamel. ‘n Aantal reisigers in die bus is ook geslaan en hulle is deur ‘n dokter ondersoek. “Reisigers is redelik verward en het min dinge,” het die Nederlandse ANWB-woordvoerder gesê.

Al 36 Hollanders wil terug huis toe gaan. Drie van die reisigers moet nog wag vir ‘n tydelike reisdokument, omdat hulle paspoort tydens die rooftog gesteel is. “Saam met die Ministerie van Buitelandse Sake probeer ons dit so gou as moontlik te kry,” het die ANWB-woordvoerder gesê.

Don V


 

Enjoyed this post? Share it!