6 Terroristes slaan toe op private wildplaas naby Lydenburg

’n Groep van minstens ses aanvallers het Dinsdag omstreeks 01:00 op Shishingwe Lodge, ’n private wildreservaat naby Lydenburg, Mpumalanga, toegeslaan.

Volgens Ian Cameron, nasionale veiligheidshoof van AfriForum, het die eienaar van die reservaat, Leonard Visagie, op ’n bank voor die televisie gelê en slaap toe ’n klip deur die venster gegooi is wat hom teen die kop getref het.

Cameron sê die aanvallers het deur die gebreekte venster geklim en Visagie oor die kop geslaan en aangerand. Dit is onbekend waarmee hy aangerand is. Visagie word nog in die hospitaal behandel.

Die polisie was op die toneel, maar kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Hulle het hom, sy vrou, Herly, en hul seun, Grand, vasgemaak, waarna hulle in die gesin se wit Toyota Hilux-bakkie met die nommerplaat DC75LM gevlug het.

Hulle het ook met Visagie se kredietkaart, drie vuurwapens en ammunisie gevlug.

Cameron sê R3 000 is reeds met die kaart onttrek, maar die ligging van die onttrekking is onbekend.

Die polisie was op die toneel, maar kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Deur: Netwerk 24


 

Enjoyed this post? Share it!