Aanlyn inskrywings vir skoliere onwettig

School computerFedsas het in ’n verklaring bekend gemaak dat die aanlyn fasiliteit om leerlinge te registreer, nie wettig is nie aangesien daar tekortkominge is.

Die Vryburger het intussen met ’n opvoedkundige geskakel wat die stelsel skerp gekritiseer het weens die ernstige tekortkominge in die sisteem.

Hy wys daarop dat die stelsel nie wettig is nie aangesien daar nie voorsiening gemaak word vir “harde kopieë” nie, en dus as uiters diskriminerend beskou word.

Hy wys ook daarop dat die stelsel nie funksioneel is nie, maar het sy ernstige kommer uitgespreek oor die stelsel wat ’n direkte diskriminerende uitwerking het op ouers wat nie oor internet geriewe beskik nie en dus ’n agterstand het teenoor mense wat toegang het.

Hy sê die ernstigste is waarskynlik dat mense op georganiseerde wyse honderde skoliere kan inskryf vanaf een enkele rekenaar, terwyl mense sonder die geleentheid, dalk te laat sal wees omdat die skool reeds vol bespreek is.

Na verneem word het Fedsas sy regsverteenwoordigers opdrag gegee om die Departement van Onderwys in Sentraal Transvaal te waarsku teen ’n moontlike chaotiese toestand wat kan volg.

Bron-Vryburger

Enjoyed this post? Share it!