Aanslag teen Afrikaanse Christene reeds R 1, 5 miljoen

bible

 

In ´n verklaring om gerugte oor die noodsaak van regsfonds-aanvulling te weerspreek, het FEDSAS se Uitvoerende hoof, Paul Colditz, wel bevestig dat die kostes tot datum meer was as wat aanvanklik voorsien is.

Na berig word, is reeds meer as R 1,5 miljoen spandeer aan regs- en ander koste, om die teistering teen Christelike godsdiensonderrig teen te staan.

Dit blyk dat die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie, onder leiding van Hans Pietersen, se regspan gratis optree.

FEDSAS staan ses Afrikaans-medium skole by, wat uitgesproke pro-Bybelse godsdiensonderrig voorstaan.

Aldus Pietersen is dit ongrondwetlik om een godsdiens alleen te bevorder.

Afriforum staan FEDSAS by deur die regskoste te betaal, en hierdie verbintenis is deur Kallie Kriel bevestig.

Aldus Alana Baily is reeds meer as R 1 miljoen aan regskoste spandeer.

´n Onafhanklike ontleder, wat verkies om annoniem te bly, het aan Die Vryburger gesê dat hierdie inderdaad ´n waterskeiding-saak is.

“Die toetrede (laat 2015) van die Departement van Basiese onderwys voorspel niks goed vir nominale godsdiens-oefening in openbare skole nie, en dit is byna gegewe dat menseregte in die hof gaan seëvier.”

Maar oorwinning in die howe beteken geensins die saak het reg nie – die aanslag is duidelik gemik teen Afrikaners en Afrikaans (geen bekende anderstalige skole word geteiken nie) én teen die Christelike geloof. (geen ander denominasie word aangeval nie)

Ander kommentators ondersteun hierdie voorsiene uitkoms – met spesifieke verwysing na onder andere Afriforum se “steun” in sake rakende ERCO en haatspraak aksies teen Julius Malema – laasgenoemde is geskik op ontoereikende grondslag, terwyl eersgenoemde tot die verlies van ERCO vir ons skole gelei het.-Vryburger

Enjoyed this post? Share it!