Aanstelling van SAPD offisiere in spervuur

Die hoof van die bestuur, misdaad en regsafdeling van die Instituut van Sekekerheid Studies (ISS) het in ‘n persverklaring bevestig wat Die Vryburger menige kere aangeraak het nl, dat leiers in die SAPD aangestel word ten spyte van hul onvermoë om hul werk te verrig.

Gareth Newman van die ISS sê dat ‘n polisiekommissaris nie aangestel kan word weens sy politieke lojaliteit nie, maar op grond van ‘n deursigtige werwings proses gebaseer op meriete.

Newman sê voorts dat die vrystelling van die misdaadstatistiek twee kommerwekkende misdade uitlig nl. moord en gewelddadige roof. Moord het die afgelope 5 jaar met 22% toegeneem en 40 000 gevalle van gewapende roof is aangemeld die afgelope jaar.

Foto: Gareth Newman

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!