Aartappel-en-spekkoek

Aartappel-en-spekkoek

aartappel en spek koek
8 aartappels, geskil en in papierdun skyfies gesny
sout en peper na smaak
olyfolie
250 g (1 pak) spekvleis
250 g roomkaas
300 g baba-spinasieblare
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Voer ’n ringkoekpan met foelie uit en spuit met kossproei.
Geur die aartappels met sout en peper en besprinkel met olie.
Pak ’n laag skyfies in die pan, gevolg deur die spek, kaas en spinasie.
Herhaal tot alles opgebruik is; eindig met kaas. Giet olie oor. Bak ’n uur.
Laat ’n bietjie afkoel. Verwyder die koek uit die ring, plaas op ’n dienbord en sny in skywe.
Sprinkel kruie bo-oor.
WENKE
Sny ’n eiervrug in skywe en pak saam met die aartappels in die pan.
Streep ’n bietjie tamatiepesto deur die roomkaas.
Deur Huisgenoot Digitaal op Februarie 14, 2014

Enjoyed this post? Share it!