Aartappelslaai

Bestanddele
12 middelslag-aartappels
750 ml mayonnaise
1 blikkie kondensmelk
3 hard gekookte eiers
gedroogde pietersielie vir garnering

Maak so
Skil die aartappels en sny in blokkies. Kook tot net sag en laat afkoel.
Meng intussen die mayonnaise, kondensmelk en eiers goed.
Voeg die koue aartappels by en meng goed.
Sprinkel die pietersielie oor.
Plaas ’n paar uur in die yskas sodat geure kan meng.

Huisgenoot 28 Maart 2016


 

Enjoyed this post? Share it!