Wie is Ons?

Neem ons Erfenis terug en help om die SAUK platform uit te bou (Ons is nie SABC nie).

Na die SABC Hlaudi sensuur van SABC, soek ons skrywers, joernaliste, redakteurs, omroepers, sosiale media aktiviste, of enigiemand wat graag ‘n bydrae wil lewer….

Na twee dekades is die vanselfsprekend nou helder en duidelik, en ook ongelukkig pynlik, bewys, naamlik dat geen Volk kan verwag, of toelaat, dat sy erfenis, verlede and toekoms deur ‘n ander volk beheer of beïnvloed word. Dit is selfmoord en volksmoord.

SAUK is nie deel van SABC nie en die SABC het oor ‘n dekade laas amptelik die SAUK naam gebruik. Ons het paar jaar terug as ‘n protes teen die volksmoord teen Afrikaans deur die regime se nasionale uitsaaier begin.

Ons is ‘n infinitief wat beywer om DIE Volkseie nuus kanaal en informasie bron te word vir die Volk deur die Volk.

Ons is ten volle onafhanklik en is nie verbonde aan enige politieke party of geheime groep nie. Dié fasiliteit sal in die toekoms aan die Volk behoort en sal deur ‘n Trust gehandhaaf en bestuur word. Die inisiatief is geloods deur Inspan as een van hul vele projekte om die Volk weer op sy voete en onafhanklik te kry.

Ons het lank terug die skrywe op die muur gesien en terug in 2002 al die naam SAUK.co.za bekom.

Ons vra alle Afrikaans sprekendes om ons te ondersteun, nie vir enige party politiek of wins of roem nie, maar omdat ons eerste lojaliteit aan die Volk is.

Kontak ons asb. hierbo of by nuus@ sauk.co.za

Don Deon

fbcover3_n


Stuur asb. U boodskap of storie deur die vorm hieronder in te vul.

Dankie