Abrahams gee Zuma nog tyd om te reageer op korrupsie en bedrog aanklagte

Die afwagtende “geskorste” hoof van die NVG, het Jacob Zuma tot einde Januarie kans gegee om te reageer op die aanklagte van korrupsie en bedrog teen hom. Zuma moet se hoekom hy nie aangekla moet word nie.

Dit is ‘n verdere uitstel wat aan Zuma gegee is nadat ‘n soortgelyke uitstel al voorheen toegestaan is.

Abrahams, wat as ‘n bondgenoot van Zuma, gereken word, is hierdeur blykbaar besig om sy baas te help speel vir tyd. Die hoop is skynbaar dat Nkosazana Dlamini-Zuma die ANC se presidentsverkiesing volgende week gaan wen, waarna die vervolging van Zuma waarskynlik saggies in die dertiende lêer sal verdwyn.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!