Adjunkminister gyselaar gehou deur ANC-betogers

Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, is Saterdagoggend vir ʼn kort rukkie gyselaar gehoudeur ʼn groep betogers by die ANC se streekshoofkantoor in Port Elizabeth.

Die voorval het omstreeks 10:30 plaasgevind by Florence Matomela House in Govan Mbekilaan.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is ontbied om Skwatsha terug na sy hotel te vergesel nadat ʼn paar ANC-lede hom verhoed het om die kantoor te verlaat.

Skwatsha is veilig teruggeneem na sy hotel, het Janse van Rensburg gesê.

Deur: Maroela Media


Enjoyed this post? Share it!