Adjunkminister van Hoer Onderwys rand vroue aan

Die adjunkminister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana is in die moeilikheid nadat hy hom nie kon gedra by ‘n nagklub in Fourways nie, en twee vroue aangerand het.

Net voor die voorval het hy en die vroue skynbaar saam gekuier en by dieselfde tafel gesit. ‘n Onderonsie het ontstaan waarop hy die vroue aangerand het. Hy het volgens ooggetuies die een vrou gevolg tot in die parkeerterrein.

Manana het intussen tydens ‘n telefoongesprek met die een vrou se broer erken dat hy haar aangerand het omdat sy hom “gay” genoem het.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!