AfriForum eis antwoorde oor die vervalle toestand van die grensdrade tussen Limpopo en Zimbabwe

Die burgerregte-organisasie AfriForum het verlede week ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (die PAIA-wet) by die departementvan binnelandse sake ingedien oor die vervalle toestand van die grensdrade tussen Limpopo en Zimbabwe.

’n Brief is ook gerig aan prof. Hlengiwe Buhle Mkhize, minister van binnelandse sake, om ’n dringende vergadering tussen die betrokke partye te reël om sodoende ’n oplossing te probeer vind.

Dié aksie volg nadat AfriForum ’n grensdraadouditprojek van stapel gestuur het wat bevind het dat daar feitlik geen grensdrade meer tussen Limpopo en Zimbabwe bestaan nie.

Grensdrade-1       Grensdrade-3        Grensdrade-10

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Limpopo, is die klein gedeelte grensdraad wat nog bestaan ook vol gate waardeur enigiemand maklik kan klim.

 

“Die grensdraad is in ’n baie slegte toestand en op die verskeie plekke is daar geen drade meer oor nie. Mense, diere en voertuie is vry om heen en weer oor die grens te beweeg en daar is absoluut geen beheer nie,” sê Grobbelaar.

Grensdrade-6        Grensdrade-9          Jaco-Grobbelaar-by-grensdrade

Alle beeldmateriaal sowel as artikel is verkry op Afriforum se facebook blad.


 

Enjoyed this post? Share it!