Afriforum skrik wakker en erken die Rooi Gevaar se Geheime Kommunistiese 10 Punt Plan. Word landelike Kampusse aspris afgebrand?

Afriforum skrik wakker en erken die Rooi Gevaar se Geheime Kommunistiese 10 Punt Plan. Word landelike Kampusse aspris afgebrand om politieke sentralisme en engels gedrewe linkse oorheersing en volksmoord manipuleer?

Soos ons nog altyd gesê het, die Rooi Gevaar bestaan en is sterker as ooit. Afriforum se oë het nou oopgegaan oor die Rooi Gevaar en Flip Buys het selfs ‘n lang skrywe oor die kommunistiese komplot geskryf.

Gaan hulle nou ook besef, en erken dat jy nie met kommuniste kan onderhandel nie en daarom nie ‘n land met hulle kan deel nie? Gaan hulle nou aanvaar dat selfbeskikking die enigste uitweg is en hulle bronne en miljoene wat hulle ontvang daarop toespits?
“Kaders en kamerade,” sê die voorsitter amptelik voordat hy vervolg: “Ek het skokkende nuus.” Die kaders, kommissarisse en kamerade spits hul ore en skuif tot op die punt van hul sagte stoele. Almal wil die eerste wees om die skokkende nuus van die voorsitter te hoor, en almal wil hê dat almal moet sien hoe geskok hulle is. “Wat is so skokkend, kameraad voorsitter,” vra ʼn paar kaders in ʼn koor wat nie meer die spanning weens al die hangende korrupsiesake teen hulle kan verduur nie.

Die voorsitter kyk gemaak gesteurd na die nuuskierige, beskuldigde kaders en huiwer nóg ’n senutergende oomblik voor hy vervolg: “Die Sentrale Komitee het vasgestel dat daar sowaar nog een pilaar van die ou orde oor is wat staan – wat nog nie getransformeer is nie.” Die kaders snak na hul asem en die kamerade spring soos gewoonlik woedend op. “Watter pilaar is dit, kameraad voorsitter, en wie se skuld is dit dat hy nog staan,” bulder almal in een stem. “So ’n man moet sekerlik sterwe,” sê ’n kommissaris in die voorste ry wat sy lewe gewy het aan die vernietiging van die land se tegniese kolleges.
“Sê net watter pilaar dit is en ons sal dit dadelik afbreek voorsitter,” sê ’n veteraan van die aftakeling van Eskom. “Ons ideologie bepaal mos uitdruklik dat nie een steen van die ou orde op ’n ander moet oorbly nie.”
“Alles moet omvergewerp word,” het kameraad Marx mos gesê. “Ja dit is so,” sê die voorsitter gewigtig, “maar om hierdie pilaar om te stoot, gaan nie maklik wees nie.”
“Gee dit vir my,” bied ’n geesdriftige kommissaris aan wat suksesvol ontplooi was om plattelandse munisipaliteite ten gronde te regeer.
“Ek sal sorg dat daar niks oorbly nie.” Al die kommissarisse, kaders en kamerade glo hom en knik instemmend. “Nee, ek sal dit doen,” skree ’n ander kader en spring op om sy geesdrif te wys – hy ruik tenders. “Kyk net hoe vinnig het ek die staatshospitale ongesond gemaak,” sê hy en lag alleen vir sy eie grappie. Selfs hierdie groep uitgesoekte kaders en kamerade lyk onseker of hy die regte man vir die afbreekwerk is. Selfs Rome is immers darem nie in net een dag afgebreek nie!

Klassestryd
“Ek praat van die universiteite kamerade,” sê die voorsitter geheimsinnig. “Ons moet hulle omverwerp sodat ons die jeug kan toerus met die nodige vaardighede om die klassestryd in die werkplek te veg ter verwesenliking van ons nasionale demokratiese rewolusie as die kortste pad na sosialisme,” sê die voorsitter, uitasem ná so ’n lang aanhaling uit die partybeleid. “Uitstekende idee, hoor-hoor,” skree die kaders en kamerade en klap geesdriftig hande. “My departement het reeds die nodige ervaring
daarvoor,” skree ’n kameraad-kader wat die verwoesting van ’n hele provinsie se openbare skoolstelsel op haar kerfstok het trots. Die kaders en kamerade knik instemmend, want min kan vir haar kers vashou. Sy het dit immers reggekry om miljoene rande te vermors en duisende kinders se toekoms te verwoes met haar beleid dat dit nie die doel van skole is om kinders te leer
nie, maar om onderwysers se salarisse en diensvoorwaardes te verseker. “Maar ek het dan die hele departement van openbare werke teen miljarde rande laat ophou werk,” kla ’n kameraad wat gereeld daarmee spog dat hy die staatsdiens as ’n werkskeppingsprojek sien. Die vergadering dreig nou om wanordelik te raak – byna al die kaders is op hul voete in hul demokratiese ywer om die rewolusie te voltooi.

Stem vir ʼn lewe
“Stilte,” brul die voorsitter. “Hierdie werk is so belangrik, ek gaan dit self doen,” sê die hy beslis. Die vergadering raak stil. Hulle het duidelik nie besef daar is nog soveel om af te breek nie. “Ja, maar ek het jul hulp nodig,” sê die voorsitter. Hy klink nou weer tegemoetkomend. “Waarmee kan ons help?” vra ’n gewillige kader wat besig is om die land se waterstelsel te verinneweer. “Julle kan help met my geheime tienpuntplan om universiteite te verwoes,” sê die voorsitter belangrik. “Ons moet die mense swak opgelei en afhanklik van ons regering hou, anders kan hulle naderhand self werk vir ’n lewe en wil hulle nie meer vir ons stem om aan die lewe te bly nie. “Kameraad-voorsitter is darem slim,” sê ’n kader opgewonde aan die kameraad langs hom terwyl hy hoop dat dit aan die voorsitter oorgedra sal word. “Hy vra nooit ’n vraag as hy nie die antwoord ken nie.” “Hier is my tienpuntplan,” sê die voorsitter in sy belangrikste stem.

Tienpuntplan:
1. Beloftes skep verwagtings
“Ons moet gratis universiteitsonderwys aan almal belowe,” sê die kameraad-voorsitter. “Die belangrikste is dat ons onhaalbare beloftes maak wat verwagtings skep, want onvervulde beloftes veroorsaak ’n rewolusionêre klimaat.” “Briljant!” skree die kaders. Dié suksesresep ken hulle. “You can’t outpromise a socialist!” skree ’n kameraad trots.

2. Verstop die onderwyspyplyn
“Tweedens moet ons die onderwyspyplyn verstop deurdat ons die skoolstelsel deur ons vakbondkamerade laat beheer in plaas daarvan dat die skoolhoofde en die ouers se beheerliggame dit doen,” sê die voorsitter slim. “Dan kan minder kinders universiteit toe gaan. “Dit is reeds gedoen,” juig ’n ingenome kader wat al talle skole in die grond in bestuur het.

3. Geen keuring vir studente
“Daar moet nie keuring vir studente wees soos in ander lande wat gratis universiteitsopleiding verskaf nie.” Almal moet toegang kry en gratis studie verwag terwyl ons die universiteite se subsidies sny,” sê die voorsitter. “Ons verskuif net die skool- en kosteprobleem na hulle toe,” sê hy en knip sy oog vir ’n kader wat nie oortuig lyk nie. “Onthou dat jy klaar die tegniese kolleges vernietig het,” sê hy gerusstellend aan hom. “Hulle het geen ander heenkome as om by universiteite te probeer ínkom nie, al het hulle nie ’n kans om suksesvol anderkant uit te kom nie,” lag hy – trots op sy slim woordspeling.

4. Verlaag die slaagsyfer na onder 50%
“Die vierde stap is om te sorg dat minder as 50% van die studente wat vir ’n graad inskryf nooit deurkom nie,” sê die voorsitter gewigtig. “Dit sal verseker dat die meerderheid lus sal wees vir rewolusie omdat hulle prakties onindiensneembaar is.”
“Terselfdertyd mors ons daarmee meer as die helfte van die belastingbetalers se bydrae vir studiekoste.” Teen hierdie tyd hang die vergadering se monde oop. Hulle het nooit so ver agteruit kon dink soos hierdie geleerde kameraad nie.

5. Vernietig die nasionale studiehulpskema vir studente
“Daarna vernietig ons die nasionale studiehulpskema vir studente.” “Hoe gaan ons dit regkry,” vra ’n verstomde kader. “Maklik, ons transformeer die skema net so dat net 4% van die studielenings terugbetaal word. Dit sal sommer gou die geld laat opraak wat nog oor is nadat ons nie keuring gedoen het nie en die helfte van die geld verkwis het op studente wat nie deurgekom het nie,” sê die voorsitter slim. ’n Kader wat elektrisiteitsgeld in Soweto moet “invorder”, maak vinnig notas – hieraan het hy nooit gedink nie.

6. Verhoog werkloosheid
“Die volgende stap is om die ekonomie met al groter staatsinmenging só te verswak dat werkloosheid verhoog totdat ’n kleiner deel van die bevolking werk as in lande soos Ethiopië en Rwanda. Ons moet eenvoudig verseker dat die groepie wat wel grade verwerf, nie werk het nie, want dit sal beslis tot ’n opstand lei,” sê die voorsitter. Die saal is doodstil; teen so ʼn dodelike redenasie stry niemand nie.

7. Struggle- politieke kultuur
“Dit is belangrik dat ons ’n struggle- politieke kultuur by die jeug skep,” sê die voorsitter. “’n Leerkultuur gaan hulle laat deurkom en dan verlaat hulle die geledere van die proletariaat en word deel van die bourgeoisie,” sê die voorsitter treurig. “En ons weet opgeleide werkende mense is nie lus vir rewolusies nie.” “Dit sal ons nie toelaat nie,” skreeu ’n kameraad en begin dreunsing totdat die hele saal toi-toi. “Dit is verraad teen die rewolusie.” “Weg met die teenrewolusionêre deurkommers – ‘weg’ – sing almal.”

8. Swak regering
“Is daar nog,” skree-vra ’n uitasem kameraad wie se gewig te veel raak vir die marathon toi-toi. Die soustrein is nie bevorderlik vir flinke voete nie. “Hier kom die Nommer Een,” grap die voorsitter, maar almal is te moeg om te lag. “Ons moet die land so swak regeer dat die hele bevolking gegrief voel en die studente ondersteun,” sê die voorsitter. “Maar gaan die mense dan nie vir ons kwaad raak en vir die EFF stem nie?” vra ’n kader. “Nee, ons moet juis vir die mense wys ons is meer militant as Julius se manne,” sê die voorsitter. Daarom moet ons die voortou neem in protes en Jan van Riebeeck, die kapitalisme, wit mense en die opposisie die skuld gee as dinge verkeerd loop.” “Verder moet ons met BEE vir die rykes, Affirmative Action vir die middelklas, welsyn vir die armes, en salarisse vir 5 000 tradisionele leiers die res se steun koop,” lag die voorsitter. “Hoor-hoor,” skree die kaders.
“Blameer, transformeer en nasionaliseer” sing die kamerade terwyl hulle vrolik treintjie-treintjie linksom in sirkels skuifel.

9. Universitêre outonomie
“Maar as die studente steeds ontevrede is,” vra ’n kameraad. “Maar dis die hele doel,” antwoord die voorsitter ongeduldig. “Ons moet ’n rewolusionêre klimaat skep om universiteite se outonomie verder te ondermyn en hulle te nasionaliseer soos ons met die Setas gedoen het.” “Marx het mos gesê die bestaande orde moet éérs omvergewerp word, dán moet die werkersklas ’n diktatuur vestig, en daarna gaan almal lank en gelukkig en onderdanig lewe,” verduidelik die voorsitter stroef. Dit is vir hom duidelik dat alle kamerade nie deel van die demokratiese voorhoede is nie.

10. Groot gelykmaking
“Hiermee bereik ons dan ons einddoel van demokratiese gelykmaking,” jubel die voorsitter terwyl hy sy hande omhoog wuif.
“Geen goedgeleerde mense meer nie. Dit bring net ongelykheid,” roep ’n klasbewuste intellektuele kameraad. “Hoor-hoor,” skree almal. “Eerder ’n gelykopverspreiding van armoede as ’n ongelyke verdeling van welvaart,” roep iemand bo die gejuig uit.
“Bevoorregting is gelyk aan bevoordeling,” begin iemand dreunsing.
Ná nog baie gesing, geëet en gedans verdaag die vergadering en klim die kaders in hul duur Duitse motors wat hul bestuurders vir hulle nadergetrek het. Gelukkig is hulle darem nog meer gelyk as ander.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging

rooigevaar


Sien ook: Suid-Afrika onder Blanke Beheer was ‘n Reus wat nou gesneuwel het onder Kommunistiese Beheer


 

Enjoyed this post? Share it!