AfriForum stig buurtwag in Orania

police_lights_night1

Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ʼn buurtwag in Orania op die been gebring. Dié buurtwag skakel in by die plaaslike veiligheidsmaatskappy, Orania Veiligheidsdienste.

Die nuutverkose buurtwagbestuur bestaan uit André Coetsee (voorsitter), Riaan Jacobs (ondervoorsitter) en Dawie du Plessis (sekretaris).

“AfriForum het dit goed gedink om ʼn buurtwag in Orania te stig omdat dié organisasie bekend is vir sy proaktiewe optrede,” aldus Coetsee.

Coetsee sê verder dat dié buurtwag saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal werk om boere in die omliggende gebiede te beveilig.

“Die nuutste tegnologie gaan ingespan word om die buurtwag 24 uur per dag vanuit ʼn moderne beheerkamer by te staan.”

Raak vandag nog betrokke by dié inisiatief: Skakel Coetsee by 082 464 1786 óf SMS “Orania” na 32532 (R1).

 

 

The post AfriForum stig buurtwag in Orania appeared first on AfriForum.

Enjoyed this post? Share it!