AfriForum vier vrouemaand met selfverdedigingsopleiding

 

Die AfriForum-tak in die Noord-Kaap het as deel van vrouemaandvieringe selfverdedigingsklasse vir vroue in Warrenton, Hartswater, Kimberley en Orania aangebied.

Dié klasse is deur Riaan Coetzee van Fortis Pro-Active Defence Solutions aangebied.

“Die opleiding bemagtig vroue om hulself in noodgevalle te beskerm. Dit is belangrik om te weet hoe om op te tree indien jy die slagoffer van ʼn aanval is. Ons glo dat elke vrou wat hierdie klasse bygewoon het, die selfvertroue en kundigheid sal hê om effektief op te tree in noodsituasies,” sê Linja van Wyk, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.

The post AfriForum vier vrouemaand met selfverdedigingsopleiding appeared first on AfriForum.

Enjoyed this post? Share it!