Afrika se kindertal ontplof

Afrika se kindertal ontplof

swart kinders

Die Afrika kontinent het tans sowat 126 miljoen kinders, wat teen 2050 na verwagting kan groei tot 310 miljoen as die huidige tendens voortduur.

Die inligting is deur die Verenigde Nasies (VN) se afdeling vir kindersorg bekend gemaak.

Wêreldwyd trou sowat 15 miljoen meisies elke jaar, wat neerkom op 41,000 troues elke dag, of 28 elke minuut.

Vandag is daar meer as 700 miljoen vroue wat tydens hulle kinderjare as huweliksmaats uitgegee is, waarvan 1 uit elke 5 gevalle in Afrika leef.

Teen die huidige koers sal Afrika dus in die jaar 2050 sowat die helfte van die wêreld se kinders hê wat in huwelike uitgegee word.

Teen die tempo sal Afrika se ontploffing sodanig wees dat dit Suid-Asie verbysteek met die grootste aantal kinderbruide.

Navorsers beweer dat die toename in kinderbruide ook ’n daling in lewensjare beteken, terwyl die maatskaplike probleme ongekende hoogtes sal bereik.

Kenners wys daarop dat die toedrag van sake dit vir die klein aantal blanke inwoners op die kontinent feitlik onhoudbaar sal maak, en behoort maatreëls ingebou te word om die blanke minderheid in die kontinent te beskerm.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!