Afrikaans nou beskikbaar op Gmail!

Google het pas 13 nuwe tale op sy Gmail e-pos platform, insluitend twee van Suid-Afrika se amptelike tale, van stapel gestuur.

Ingesluit in die nuwe tale is Afrikaans en Zulu.

“Daar is nog steeds ‘n belangrike struikelblok wat ons moet oorkom om epos heeltemal universeel te maak: taal. Gmail is reeds beskikbaar in 58 tale, en vandag bring ons die totale tot 71 – wat 94 persent van die wêreld se internet bevolking is en dit bring ons nader aan ons doelwit om seker te maak dat, nieteenstaande watter taal jy in skryf, jy kan dit gebruik  in Gmail,” sê senior projekbestuurder by Google Lokalisering, Ian Hill.

Ander nuwe bygevoegde tale sluit in Armeens, Azerbaijani, Kanadese Frans, Mongoolse, Khmer en Nepali.

“Soos enige moedertaal spreker weet, elke taal het sy eie nuanses, so ons het nou saamgewerk met taalkundiges om seker te maak die toon en styl is net reg,” sê Hill.

Die nuwe tale is uitgerol as van gister en kan verkry word vanaf die blad “Settings” in Gmail op die web en smartfoon  selfoon gebruikers.

 

Enjoyed this post? Share it!