Afrikanerhart – Trekpad van ‘n Nasie: Eben Donges


Vanaand gesels ons oor Eben Donges. Hy was vir 7 dae Staats President en is ook genoem as ‘n argitek van Apartheid.

In 1918 kry hy sy BA graad en in 1923 het hy dit opgevolg met ‘n soortgelyke graad aan die Universiteit van Suid-Afrika. In 1925 behaal hy sy L.L.D graad aan die Universiteit van Londen.

 

In 1941, ná die uittrede van Hertzog en N.C. Havenga uit die politiek, het Dönges as kandidaat van die HNP in Fauresmith gestaan en P.P. Swanepoel van die Afrikanerparty (AP) beslissend met 1 580 stemme verslaan.

 

Met die algemene verkiesing van 1948 het Dönges die kiesafdeling Worcester vir die HNP verower en dié kiesafdeling tot sy uittrede in 1967 verteenwoordig. In die referendum van 1960 (om te stem vir of teen ’n republiek in die suide van Afrika) het 6 793 uit 10 215 in Worcester se kiesafdeling ten gunste van ’n republiek gestem.

 

Na Republiekwording in 1961, sou hy ons eerste Staatspresident, C.R. Swart opvolg. Hy word egter siek voor sy inhuldiging – gaan in ‘n koma, en word nooit weer wakker voor sy sterwe op 10 Januarie 1968 nie.

Donges was die 12de Minister van Binnelandse Sake van 1948 tot 1958 asook ons dertiende Minister van Finansies tussen 1958 tot 1967.

 

Tydens Dr. Donges se afsterwe laat hy sy vrou Johanna Schoeman (of Billy soos almal haar geken het) en twee dogters agter. Verwoerd en Donges het verskil oor die rol van Apartheid. Vir Donges was dit  ‘n antwoord op die onmiddelike behoeftes van die NP se Afrikanerondersteueners ná die Tweede Wêreld Oorlog. In 1946 was meer as 40% van Afrikaners blouboordjiewerkers. Kort na die 1948 verkiesing het Donges aan ‘n buitelandse joernalis gesê Apartheid was bedoel om die huidige en die volgende twee geslagte teen die gevare van ‘n toenemende swart en bruin bevolking te beskerm.

In 1959 het die Universiteit van Stellenbosch aan hom ’n ere-LL.D.-graad toegeken. In 1969, ’n jaar na sy dood is sy nagedagtenis geëer deur ’n afbeelding van hom wat op die eenrandmuntstuk van daardie jaar aangebring is.

 

In Kraaifontein is die Hoerskool na hom genoem en op Bothaville die Primêre Skool Eben Dönges.

 

Op Worcester is die Eben Dönges-hospitaal (nou die Worcester-hospitaal) ook na hom genoem. In Benoni is daar ’n Voortrekkerkommando wat sy naam dra.

 

Hy is met staatseerbetoon vanuit die Groote Kerk in Kaapstad, waar hy vir sestien jaar as diaken en ouderling gedien het, op 15 Januarie 1968 begrawe met die teraardebestelling in Stellenbosch.

 

  • Toe die Eerste Ekonomiese Volkskongres van 3 tot 5 Oktober 1939 in Bloemfontein vergader, het hy die referaat Die mobilisering van die kapitaal- en spaarkrag van die Afrikaner  Hy was die stigter van die Reddingsdaadbond. Hy het gedien op die uitvoerende komitee van die Afrikaanse Handelsinstituut wat in 1942 gestig is. In 1948 was hy een van die stigterslede van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleendhede. Twee groot werke gepubliseer deur Donges in die Afrikaner se geskiedenis was 1) Die toekomsrol van die Reddingsdaadbond in ons ekonomiese lewe (1943) 2) Die Afrikaanse gedagte en die draers daarvan (1953)

EbenDongesR1ak


 

Luister ook na: Ons Vryheid loop deur die bloedplas van Dr. H.F. Verwoerd se sluipmoord


 

Enjoyed this post? Share it!