Afrikaners moet die “Haat die Afrikaner- en Witmanregering” onderdrukking verwerp

Die debat in die parlement oor die sogenaamde staatsrede begin vandag, met die gevolg dat daar steeds gegons word oor die gebeure tydens die parlementsopening.

Mnr. Louis van der Schyff, sekretaris van die HNP, sê die gebeure in die parlement het weer getoon dat die Afrikaner nie tuishoort in hierdie staat van derde wêreldse regering nie. “Die gebeure van mense wat veronderstel is om op te tree in belang van al die inwoners van Suid-Afrika, het net nog ’n keer hulle onbevoegdheid onderstreep. Dit bewys ook dat selfs volke van dieselfde ras nie bereid is om sinvol saam te regeer nie. Afrikaners kan nie anders as om dit in die sterkste terme te verwerp nie en dit duidelik te sê dat ons nie deel daarvan kan en wil wees nie”, sê mnr. Van der Schyff.

“Zuma het in sy staatsrede hierdie feit beklemtoon. Hy het dit ondubbelsinnig gestel dat 2017 die jaar van grondgryp en diefstal van die Witman se besittings sal wees. Sy toespraak was gekenmerk aan rassistiese uitlatings en nie dié van ’n staatshoof wat in die inwoners van die land se welstand belangstel nie. Sy rassistiese uitlatings was op elke Blanke gefokus, wat finaal die propaganda van ’n reënboognasie die nek ingeslaan het. Afrikaners mag dit nie langer verduur om deur ‘n ‘Haat die Afrikaner en Witman’-regering onderdruk te word nie. Ons moet uit hierdie kommunistiese ANC-bestel uitkom,” sê mnr. Van der Schyff.

“Daarom moet Afrikanernasionalisme sterk gemaak word sodat Afrikaners op daardie basis kan konsolideer om aksies (ook van lydelike verset) te loods en ons vryheid in ’n eie onafhanklike staat af te dwing.”


Enjoyed this post? Share it!