Al Meer Politieke Moorde

Dit was die wyse dr. Hendrik Verwoerd wat ’n keer gesê het afsonderlike ontwikkeling is ook ’n stelsel wat verseker dat volke in vrede langs mekaar woon, want as hulle Suid-Afrika gesamentlik besit, sal hulle mekaar uitmoor.

Die wysheid kom weereens na vore nadat dit bekend geword het dat talle politieke moorde reeds plaasgevind het kort voor die munisipale verkiesing.

Die Minister van Polisie, Nkosinathi Nhleko, sê 14 mense is reeds gearresteer nadat verskeie moorde op kandidate gepleeg is.

Die minister het die media toegespreek tydens ’n konferensie waarby hy bygestaan is deur die Polisie Kommissaris en die hoof van die Valke Eenheid.

Hy het daarop gewys dat politieke moorde reeds in vyf provinsies gepleeg is op potensiële kandidate vir die komende munisipale verkiesing.

Die meeste moord is in Natal gepleeg, maar verskeie moorde is in ander provinsies gepleeg.

Hy sê dossier is geopen vir moorde in Sentraal Transvaal, Wes-Transvaal, die Oos-Kaap en Oos-Transvaal.

In Natal is glo 25 politiek-geïnspireerde voorvalle sedert Januarie aangemeld, waarvan die sake wissel van pogings tot moord en verskeie vir moord.

 Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!