Alle paaie, selfs die een na vrede, loop na oorlog. Dit is in swartes se geskiedenis en is ‘n steunpilaar van kommunisme.

“Si vis pacem, para bellum”. 

“If you want peace, prepare for war”

Regoor die land vind daar gedurig betogings plaas waar die mense allerlei dinge doen ter wille van dienslewering of verskeie verskonings. Verskeie groepe staak vir hoër lone en doen ‘n hele reeks dinge om hul punt te bewys.

Intussen was daar nog die aanvalle op die buitelanders deur algemene mense en dit is vervang deur die polisie en weermag wat dit nou wettig voortsit. Die algemene mense hou nou optogte teen die aanvalle op buitelanders. Dan is daar natuurlik die studente by die universiteite wat ook aangaan oor “issues” wat hulle gedurig afwissel. Eers gaan die studente aan oor die een ding en dan weer oor die ander ding.

Die meeste Blankes reageer op ‘n baie voorspelbare manier tov al die goed: barbare! Skuim! Onnosel! Tipies! Ens, ens, ens. Wat die meeste Blankes nie besef nie is dat die swart massa’s stelselmatig volgens ‘n plan polities opgesweep word om meer militant te word. Swart Nasionalisme word planmatig aangewakker en uitgebou. Die beplanners is min gepla dat hulle pogings die verskillende bevolkingsgroepe nog meer polariseer en rassehaat bevorder. (Of is dit ook deel van die plan?)

Wat wel opvallend is, is dat die Swart Nasionalisme glad nie die pad van selfbeskikking stap nie terwyl hulle aksies juis daartoe lei dat die Blankes se nuwe Nasionalisme juis ontwikkel a.g.v. die onderdrukking en teenstand wat hulle beleef en dit ontwikkel langs die weë van selfbeskikking. Blankes wil die ontwikkeling nie Blanke Nasionalisme noem nie a.g.v. die verraad wat die ou Blanke Nasionalisme veroorsaak het. Hulle praat eerder van die ontwaking van ‘n Blanke Volksbewussyn.

Terwyl die Swart Nasionalisme sentraliseer en militant populisties beweeg na totalitarisme binne ‘n sosialistiese marxistiese politieke ideologie, beweeg die Blanke Nasionalisme na presies die teenoorgestelde rigting en beskerm hulleself met die beginsel van selfbeskikking. Daarsonder sal hul heeltemal of assimileer binne die totalitarisme van die Swart Nasionalisme, of uitgewis word.

Die Blankes se behoud lê dus juis in selfbeskikking. Wat almal besef en dit nie wil hê nie, is die wete dat hierdie toenemende polarisasie ‘n konflik pad is. Blankes se strewe na selfbeskikking gaan nie op ‘n silwer skinkbord vir hulle aangebied word nie. Konflik is op die tafel. Die Blankes kies die hoër morele pad om te werk volgens vreedsame politieke onderhandeling, soos wat hulle Europese, beskaafde agtergrond dit vereis.

Die Swart Nasionalistiese totalitarisme het nie daardie selfde begrip van beskaafdheid nie. Hulle agtergrond en verwysingsraamwerk is geweld en oorlog. Die twee totale teenpole voorspel niks goeds vir die toekoms nie. Wat is die oplossing? Baie Blankes gryp terug na die geloofspad om vrede te handhaaf, maar die Swartes se tradisionele mistieke godsiens is ‘n teenpool vir die geloofspad en die Swartes wat wel ook die Christelike pad gekies het, word gelei deur die humanistiese bevrydings teologie wat die Swart Christendom geïnfiltreer het en die toepassing van geweld is binne hierdie tipe van geloof Skriftuurlik regverdigbaar. Daarom is die begrip van die Swart Christendom ook ‘n teenpool tov die Blanke Christendom.

Ons bly dus by die skokkende realisme dat konflik onvermybaar is. Sosialistiese Marxisme het juis ontstaan omdat hulle glo dat verandering slegs deur ‘n geweldadige rewolusie bewerkstellig kan word. Ons is in die finale stadium van die Suid Afrikaanse rewolusie naamlik die ekonomiese rewolusie. Die ANC – alliansie is reeds voorberei vir hierdie finale geweldadige fase van die rewolusie terwyl die oorgrote Blanke bevolking kunsmatig gesus word tot die valse droom van vreedsame onderhandeling binne ‘n pypdroom van Dagon-Mandela se reënboognasie.

Ons moet besef dat die eeu-oue gesegde nog steeds geld: “If you want peace, prepare for war!”

Marius Smith

kerk0_n sa_communism

Enjoyed this post? Share it!