Almal in die ANC lieg en dan is Persoon “G” ook deel van die spys, wie is die Persoon “G” ?

Eskom se raad se woordvoerder, Khulani Qoma, noem minister Lynne Brown openlik ‘n leuenaar en iemand wat onbevoeg is om haar werk te verrig.

Tydens sy verskyning voor die parlementêre komitee het Qoma getuig dat Brown “omring” was van individue wat gekaap was terwyl sy probeer voorgee het dat sy self nie gemanipuleer word nie.

Volgens hom was Brown se direkteur gekaap, haar persoonlike assistent was gekaap en sy het blatante leuens vertel.

Selfs die skorsing van die hoofuitvoerende beampte, Koko, is deur Brown gestop nadat ‘n sekere persoon “G” vir Brown gekontak het. Daarna het sy Ben Ngubane geskakel het om Koko se skorsing te keer.

Persoon “G” word verbind aan die berugte Gupta familie.

Volgens Qoma het Koko en Anoj Singh, die hoof finansiële beampte, Eskom se bates “opgeëet”.


Enjoyed this post? Share it!