Almal is omgekrap oor Zuma, nou is Cosatu deel van die groep

Die ongelukkigheid in die sogenaamde drieparty alliansie met Jacob Zuma, het nou ook by Cosatu uitgeslaan.

Cosatu wil hê dat die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, as minister ontslaan moet word.

Dlamini kon steeds geen bevredigende reëling maak vir die ordelike betaling van maatskaplike toelaes deur SASSA nie, en Cosatu is van mening dat die poskantoor die betaalproses van die toelaes in totaal sal oorneem.

Volgens Cosatu word 17 miljoen mense in die gevaar gestel met die minister se optrede en dat sy daarom die trekpas moet kry. Cosatu wys daarop dat die president nie huiwer om kabinetskommelings te maak nie, maar Dlamini oorleef elke keer.

Vroeër het die SAKP, die ander lid van die alliansie, besluit om onder eie vaandel aan ‘n aantal komende munisipale tussenverkiesings deel te neem, en ‘n gesprek tussen die ANC en die SAKP vroeër die week, het skynbaar op niks uitgeloop nie, wat ‘n opvolg ontmoeting nodig maak.


Enjoyed this post? Share it!