ANC-beheerde Openbare uitsaaier verdraai feite: Coligny saak

Twee mans wat beskuldig word op die moord van ‘n tiener nadat dié van ‘n bakkie in Coligny afgespring of afgeval het, verskyn weer vandag in die hof.

Verskeie lesers het egter hulle absolute misnoeë teenoor Die Vryburger uitgespreek oor die wyse waarop die Afrikaanse sender van die ANC-beheerde openbare uitsaaier, RSG, die nuus hieroor aangebied het.

Die nuusberig soos op RSG se webblad, lui: “Die twee mans wat beskuldig word van die moord op die 16-jarige leerder, Matlhomola Mosweu, in Coligny in die Noordwes, moet vandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn. Pieter Dorewaard en Phillip Schutte is in April inhegtenis geneem, maar later op borgtog van vyf-duisend-rand elke vrygelaat. Die besluit om aan hul borgtuig toe te staan, het tot gewelddadige protesoptrede in die omgewing gelei.”

Die berig wemel van feitefoute, skynbaar met die bedoeling om die beskuldigdes vooraf skuldig te bevind en om die losbandige betogings, wat die dorp verniel het, te regverdig.

Die betogings het plaasgevind nog lank voor die twee mans borgtog gekry het.

Dit het geblyk dat die onbekende “leerder” nie 16 was soos aanvanklik beweer is nie, maar wel 19 jaar oud was, en dus mondig was en presies geweet het waarmee hy besig was. Die boere het hom op heterdaad betrap dat hy besig was om sonneblomme te steel, en toe hulle met hom op pad was na die polisiestasie, het hy van die bakkie afgespring, waarskynlik in ‘n poging om te ontsnap en die gereg te ontduik.

Bron: Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!