ANC bepleit tronkstraf vir rassiste

ANC-vlaggie-275x275In ´n onrusbarende verwikkeling het die ANC aangedui dat die party sy parlementêre meerderheid wil misbruik om wetgewing op te stel, waardeur tronkstraf opgelê kan word aan enige persoon wat rassistiese uitlatings maak teenoor swart persone.

Ten spyte van uiteenlopende kritiek op die voorstel, sal tyd leer tot watter mate sodanige neo-rassistiese wetgewing sal slaag.

Na berig word, toon die stortvloed kommentare op sosiale media onmiskenbare swart haat en oproepe tot moordveldtogte, selfs direkte doodsdreigemente.

Die ANC en ander politieke partye het egter, soos verwag kan word, min hieromtrent laat hoor.  – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!