ANC Jeugliga president volg in Zuma se voetspore

ANC Jeugliga president, Collen Maine, het ‘n half miljoen rand “skenking” ontvang van ‘n steenkoolmaatskappy nadat hy belowe het dat hy ‘n politieke oplossing sal vind wat sal verhoed dat Eskom hul kontrak met die maatskappy gaan beëindig.

Die maatskappy, Just Coal, is volgens hul biljoenêr baas, Joe Singh, geforseer om donasies aan Gauteng politici en senior Eskom lede te betaal.

Maine kon nooit sy “belofte” gestand doen nie en die kontrak is uiteindelik beëindig.

Nou het Just Coal die parlement genader met die versoek dat die kontrak weer ingestel moet word. Maine het erken dat hy donasies ontvang het maar dit was vir die jeugliga en is dan ook in hul rekening inbetaal.

Die geskorste hoofuitvoerende beampte van Eskom, Matshela Koko, se naam word ook genoem rakende die vervoer van die steenkool deur ‘n maatskappy waarmee hy glo verbintenisse het.

Die kat is nou behoorlik in die hoenderhok aangesien twee senior jeugliga lede meld dat daar R1 miljoen belowe is en slegs ‘n half miljoen ontvang is. Hul vermoed die ander helfte is in Collen se sak.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!