ANC kan nie eers partykonferensie op koers hou nie – ‘n aanduiding is van sy algehele onvermoë

Die party wat die land probeer regeer, kan nie eens sy eie partykonferensie behoorlik op koers hou nie, wat ‘n aanduiding is van sy algehele onvermoë.

Die konferensie het sewe ure laat begin, en daar was ook probleme met die registrasie van afgevaardigdes.

Sowat 500 afgevaardigdes van Natal en die Vrystaat, is ook nie toegelaat om te stem in die leiersverkiesing nie nadat hofbeslissings hulle provinsiale konferensies ongeldig verklaar het.

Pogings om twee adjunkpresidente aan te wys het ook misluk, wat beteken dat daar geen verandering sal plaasvind nie.

Al die aspirante vir die presidentskap het hulle onttrek sodat daar net twee kandidate oorgebly het, naamlik Nkosazana Dlamini-Zuma en Cyril Ramaphosa.

Die afgevaardigdes het in die middernagtelike ure begin stem, en die uitslag sal deur die loop van die dag bekendgemaak word.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!