ANC Kandidate se varke vrek van honger op plaas

Die haglike omstandighede op ‘n Vrystaatse varkplaas, wat vermoedelik behoort aan twee ANC-lede wat as kandidate vir die munisipale verkiesing staan, is sodanig dat karkasse oral rondlê en daar is al ‘n geruime tyd geen kos of water vir die varke wat nog leef, gegee nie.

Verskeie van die 16 varke, waaronder klein varkies was, moes deur beamptes van diedie Dierebeskermingsvereniging (DBV) uitgesit word omdat hulle soveel lyding verduur het.

Die kwessie het in provinsie se wetgewer ter sprake gekom, aangesien die plaas in die Brandfort-distrik glo in 2006 deur die departement van landbou begin is as ‘n staatsbefondste projek.

Die LUR vir landbou, Oupa Khoabane voer aan dit is nie (meer) ‘n staatsplaas nie. Volgens hom moet die omstandighede op privaat plase nie in die wetgewer geopper word nie.

Foto – Varke (ter illustrasie)

Bron – Vryburger


Enjoyed this post? Share it!