ANC maak staat op Rassisme om EFF en DA teen te staan. Die verkiesing self is klaar gewen.


Ons bekyk  die herrie wat los is oor aanmerkings op sosiale media wat as rassisme en haatspraak beskou word .

Die program is saamgestel uit 9 Artikels en klankbane van:

  • Die ANC se president Zuma met sy aanhitsing van rassisme
  • Bespreking op e-nuus oor die twitter gesprekke die afgelope weke na aanleiding van Penny Sparrow se tweet

 

Die definisie oor rassisme in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Rassisme of Rassediskriminasie dui op die sosiale, ekonomiese of politiese diskriminasie teenoor ‘n persoon (of groep persone) gebaseer op ras en/of velkleur. Dit dui nie noodwendig op die haat van een ras teenoor ‘n ander nie – eerder die uitsluiting of weiering van sekere regte en voorregte, soos destyds toegepas deur die Apartheidsregering van Suid-Afrika en huidig die weiering om blanke persone in beskikbare poste aan te stel, al is hulle die beste kandidate vir die pos in die Nuwe Suid-Afrika.

 

Artikel 1

Waaraan dink jy as jy die woord “student” of “studentelewe” hoor? Ek assosieer dit met lawwigheid, manewales, sorgeloosheid, grappe, kuier, verspot wees en prettigheid. Oor die wêreld heen is dit die algemene begrip van student-wees wat deur die samelewing gedeel word. Almal het boonop al geleer om die doen en late van studente met ʼn knippie sout te neem.

Met laasgenoemde in ag genome, kan jy my frustrasie met die onlangse sogenaamde “rasseherrie” wat by die Universiteit van Pretoria (UP) losgebreek het, verstaan. Die sogenaamde herrie het ontstaan nadat twee vrouestudente van die universiteit hulself met bruin verf geverf het en hul klere met kussings opgestop het om hul sitvlak groter te laat vertoon. Dit is deur sommiges as “rassisties” en “onaanvaarbaar” bestempel.

Ek sukkel net om te verstaan waaroor die bohaai gaan. Die studente het beslis nie die snaakse uitrustings aangetrek omdat hulle taktloos, ongenaakbaar en rassisties is nie. Nee, hulle het dit gedoen omdat hulle studente is wat waarskynlik volgens een of ander lawwe tema aangetrek het. Die foto is boonop by ʼn privaatfunksie geneem wat niks met die universiteit te make het nie. Waarom nou sê die studente het die universiteit se naam deur die modder (of die bruin verf) gesleep?

Nou beweer Enwee Human, president van die UP se studenteraad, dat hoewel die voorval nie direk met die universiteit verbind kan word nie, “kan dit nie in die huidige atmosfeer en konteks van tersiêre instellings wat daarna streef om te transformeer, toegelaat word nie”. Hoe gaan transformasie enigsins suksesvol in Suid-Afrika plaasvind as daar kort-kort histeriese uitroepe en waarskuwings van sogenaamde rassisme deur sekere oorsensitiewe lede van die samelewing gemaak word? Het niemand dan meer ʼn sin vir humor nie?

Dalk is dit nodig dat die betekenis van die woord rassisme weer uitgelig word. Rassisme word deur die HAT (2009) as volg omskryf: “‘n Denkrigting wat aanneem dat ‘n besondere ras meerderwaardig is en die reg het om ander rasse te oorheers.” Rassisme is dus nie om soos iemand van ‘n ander ras aan te trek by ‘n partytjie nie. Rassisme is wel om pamflette te versprei waarop die woorde “Kill the boer, kill the racist, kill Afrikaans” gedruk is, soos wat by die Puk die geval was. Dit is boonop haatspraak en aanhitsing van geweld.

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, sê die pamflet bevat ’n Afrika-bevrydingsembleem soortgelyk aan dié van Sasco. Dit is daarom ironies dat Sasco hom ook sterk oor die gedrag van die twee vroue Tukkie-studente uitgespreek het. Ntuthuko Makhombothi, president van Sasco, het glo gesê: “Swart studente sal nie hul arms vou terwyl daar ‘n bespotting gemaak word van hulle en hul ouers se lyding nie. Die waardigheid van Afrikane kan nie vertrap word sonder gevolge vir die oortreders nie.”

Daarmee bedoel ek nie dat rassisme teen een ras erger is as ‘n ander nie. Om egter paniekbevange elke kleinlike misstap van studente dop te hou en onnodig ‘n anti-rassistiese geraas te maak elke keer wat ʼn student iets onsmaakliks doen, gaan nie die rassespanning in ons land help verlig nie. Dit gaan boonop nie transformasie by universiteite aanhelp nie.

As oud-Tukkie is die bohaai oor hierdie sogenaamde rassevoorval vir my werklik ʼn doring in die vlees. En nou gaan daar boonop tugstappe teen die twee studente geneem word. Ek hou duim vas dat diegene wat hul lot moet beslis ‘n sin vir humor het en sal raaksien en besef dat ‘n satiriese studente-uitrusting niemand benadeel nie.

Die aanhitsing van geweld en die verspreiding van propaganda waarin mense aangemoedig word om boere dood te maak, terwyl boere in elk geval op ‘n daaglikse basis vermoor word, is werklik rassisties en behoort groter paniek te saai as ‘n bietjie bruin verf en kussings.

 

Artikel 2

Ons weet wat is die algemene beskrywing van ‘n rassis. Wat interessant is met die huidige debat in die pers is dat die aangeklaagdes beide liberaliste is! Is daar iets besig om te gebeur? In SA is jy n rassis as; jy die swartman wat voor in die tou by Pick e Pay indruk berispe! As jy jou vererg vir die taxi bestuurder wat jou van die pad afdruk. As jy die wese aanspreek wat teen jou tuinhekkie urineer. As jy die wese wat jou goed gesteel het n paar lekker klappe gee. As jy n gekwalifiseerde blanke aanstel in plaas van n swarte. En die lys is nimmereindegend. _ Sampie Stofberg Facebook

Artikel 3

’n Vuurwarm rasseherrie het Dinsdag op sosiale media gewoed.
Rassistiese en dreigende aanmerkings het oor en weer gevlieg tussen wit en swart gebruikers op sosiale media in reaksie op omstrede aanmerkings deur Penny Sparrow (eiendomsagent en geskorste DA-lid), Chris Hart (geskorste Standard Bank-ekonoom) en Justin van Vuuren (’n Facebook-gebruiker).
Nadat Sparrow swart mense “ape” genoem het; Hart deur Standard Bank geskors is weens ’n twiet met “ ’n rassistiese ondertoon”, en Van Vuuren (swart) mense “skuim van die nasie” genoem het, was die duiwel los op sosiale media.
Sommige gebruikers het teruggekap en gesê wit mense behoort doodgemaak te word soos met die xenofobiese aanvalle en hulle moet “teruggaan na waar hulle vandaan kom”. Ander het doodsdreigemente teenoor Hart en Sparrow en hul families gemaak.
Aangesien die ANC ’n volstrekte meerderheid in die parlement het, sal hy wetgewing kan instel wat rassisme as misdaad bestempel, maar regskenners is dit eens die oplossing vir rassisme is nie om rassiste in die tronk te stop nie.
Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner, het gesê Suid-Afrikaanse wetgewing wat haatspraak reguleer, is reeds in ’n mate “antirassisme-wetgewing”.
Oortreders wat deur die gelykheidshof skuldig bevind word, word egter nie tronk toe gestuur nie.

IS DIT NIE DAN ASOF ONS ’N PLEISTERTJIE OP ’N OOP WOND PLAK EERDER AS OM DIE KERN VAN DIE PROBLEEM AAN TE SPREEK NIE?

Hulle word eerder ’n boete opgelê of moet ’n rehabilitasieprogram voltooi.
Ook in die geval van crimen injuria word skuldiges net in “hoogs uitsonderlike gevalle” tronk toe gestuur.
Volgens De Vos sou dit tegnies moontlik wees om rassistiese spraak ’n misdryf te maak, aangesien dit nie strydig sal wees met die Grondwet nie.

Die vraag is egter of dit sinvol sal wees.
“Is dit nie dan asof ons ’n pleistertjie op ’n oop wond plak eerder as om die kern van die probleem aan te spreek nie?

“Rassistiese spraak is net ’n manifestasie van ’n groter probleem van mense wat nog nie rassisme uitgeroei het nie.”

Om ’n definisie vir rassisme vas te stel sal egter problematies wees, aangesien dit neerkom op persepsies, het hy gesê.

Sulke wetgewing sal ook onprakties wees omdat dit moeilik gepolisilieer sal word en Suid-Afrika se tronke reeds vol is.
Prof. Frans Viljoen, direkteur van die Universiteit van Pretoria (UP) se sentrum vir menseregte, het gesê hy dink ook nie tronkstraf is die regte antwoord nie.
“Strafreg is ’n baie lomp instrument en eintlik die laaste uitweg. Dit gaan daaroor om ’n individu te verander, om die sistemiese oorsake van rassisme te verander. Ek dink nie dit sal help om een of twee mense in die tronk te gooi nie.

 

Artikel 4

Swarte moedig blanke volksmoord aan

‘n werknemer van Sentraal-Transvaal se provinsiale departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, gaan moontlik geskors word omdat hy op ‘n Bakkiesbladinskrywing vir ‘n volksmoord op blankes vra.

Waarnemers wys daarop dat Blankes vir veel minder as dit summier geskors, veroordeel en verwerp is.

Velaphi Khumalo het tot Vrydagoggend kans om sy saak te stel en te sê waarom hy nie geskors moet word hangende ’n interne ondersoek na sy beweerde haatspraak nie, het Nomazwe Ntlokwana, departementele woordvoerder, gesê.

In sy Bakkiesblad-inskrywing het Khumalo gesê hy “wil die land van alle wit mense reinig”.

In sy klaarblyklike reaksie op Penny Sparrow se kommentaar op sosiale media, het hy op sy Facebook-muur geskryf: “Ons moet optree soos Hitler teen die Jode gedoen het.”

Khumalo is ook by die polisie van crimen injuria aangekla.- Vryburger

 

Artikel 5

De Klerk skree saam in die swart koor oor Sparrow

Asof die storm in die teekoppie oor die twiet van Penny Sparrow wat net oor sosiale media gesê het wat ander ook sê en dink oor die morsige gedrag van swartes op Durban se strand, moet die voormalige staatspresident, F.W. de Klerk ook nou op hoofwaardige wyse sy verontwaardiging uitspreek.
Die FW de Klerk-stigting het in ’n verklaring gesê Sparrow se uitlatings op Facebook is “uiters beledigend en rassisties” en versterk die negatiewe persepsie dat wit mense “verwaande rassiste” is.
“Ons Grondwet vra van ons om die verdeeldheid van die verlede te genees en ’n samelewing te skep wat gegrond is op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese regte,” lui die verklaring.
“Nierassigheid is een van die grondbeginsels waarop ons nuwe samelewing geskoei is. Menseregte is nog een.”
In multikulturele samelewings soos Suid-Afrika is dit van die uiterste belang dat Suid-Afrikaners van verskillende gemeenskappe met respek en bedagsaamheid teenoor mekaar optree, lui die verklaring.
Waarnemers sê dit is vreemd dat De Klerk net altyd vir die blankes preek en dat hy gekussing in sy weeldebestaan duidelik nie weet wat gewone Suid-Afrikaners moet uitstaan nie, en wens hy wil die volgende vrae beantwoord:
Asof die droogte nie genoeg is om boere te breek nie, is daar die regering se weiering om droogtehulp aan kommersiële boere te bied. Is dit nie iets waaroor De Klerk ‘n slag sy vriende in die ANC kan aanspreek nie?
Wat van die slagting onder boere en onskuldige blankes, en ‘n onwillige regering wat hulle nie daaraan te steur nie. U wil hulle nie ‘n slag tot orde roep nie, mnr. De Klerk?
Wat van blankes wat nie meer kan studeer nie, en indien hulle wel afstudeer het, nie werk kan kry nie en genoodsaak is om die land te verlaat, mnr. De Klerk, is dit nie tyd dat daardie kinders hoor dat jy vir hulle opstaan nie?
Wat van die arm blankes in plakkerskampe wat deur jou toedoen daar is. Dink jy ooit aan hulle, mnr. De Klerk en doen jou Stigting iets vir hulle?
Ten slotte meen hulle dat dit is tyd dat die agbare voormalige president sy hand eerder aan sy eie boesem slaan en ‘n slag vir sy volksgenote opstaan, pleks om hulle verder te kasty, mnr. De Klerk! – Vryburger

 

Artikel 6

Twitter raak kwaai oor haatspraak, misbruik

Deur Hanlie Stadler 30 Desember 2015 09:45

 

Gedra jou op sosiale media – of Twitter sal jou blokkeer.

 

Twitter het strenger reëls ingestel in ’n poging om haatspraak, diskriminasie en teistering op dié mikroblogdiens te beperk.

In ’n blog Woensdag skryf Megan Cristina, Twitter se direkteur van vertroue en veiligheid: “Ons glo dat beskerming teen beledigings en teistering ’n noodsaaklike deel daarvan is om mense te bemagtig om hulself vryelik op Twitter te kan uitdruk.”

 

Duidelike definisies

Die bygewerkte reëls stippel uit wat Twitter voortaan as belediging of haatspraak beskou en beklemtoon dat Twitter “nie gedrag sal duld wat daarop gemik is om te teister, te intimideer, of vrees in te span om ’n ander gebruiker se stem stil te maak nie”.

Cristina sê Twitter verwelkom diverse menings en moedig dit aan, “maar ons sal voortgaan om op te tree teen rekeninge wat die lyn na misbruik oorsteek.”

Dit klink uit die blog asof meer mense aangestel is “sodat ons meer aanmeldings met groter doeltreffendheid kan behartig”. ’n Nuwe Twitter Safety Centre word ook geskep.

Weet jy wat jy nié op Twitter mag doen nie?

Vir alles wat jy wil weet oor gewelddadige beelde, pornografie, sensitiewe inhoud, teistering, misbruik van rekeninge en meer, lees die volledige Twitter Rules.

Hoewel Twitter nog altyd reëls teen misbruik gehad het, is die taal waarin verduidelik word wat dit behels, nou baie duideliker. Waar dit vantevore bloot gelees het “jy mag nie geweld teen ander bevorder nie”, staan daar nou: “Jy mag nie geweld teen ander aanmoedig of mense regstreeks aanval of dreig op grond van ras, etnisiteit, nasionale oorsprong, seksuele oriëntasie, geslag, geslagsidentiteit, godsdiensverband, ouderdom, gestremdheid of siekte nie.”

Reuters bespiegel dat die nuwe reëls ingestel is nadat dit bekend geword het die Islamitiese Staat (IS, Isis, Isil of Da’esj) het in 2014 tot 46 000 Twitter-rekeninge beheer en dit gebruik om aanhangers te werf. Meer onlangs het die Amerikaanse kongres wetgewing voorgestel wat sosiale-mediaplatforms sal dwing om terreurverwante bedrywighede aan federale agentskappe aan te meld.

Twitter maak mense ook daarop bedag dat dit ’n oortreding is om verskeie rekeninge oop te maak net om die reëls te omseil en ander gebruikers te teister.

                 

Hulp vir mense wat hulself wil seermaak

TWITTER SAL VOORTAAN REGSTREEKS MET MENSE IN VERBINDING TREE WAT TWIET DAT HULLE HUL EIE LEWE WIL NEEM, EN SAL HULLE IN VERBINDING PLAAS MET PROFESSIONELE MENSE WAT HULLE KAN HELP.

Ander nuwe maatreëls is daarop gemik om mense wat hulself wil seermaak, te help. Twitter sal voortaan regstreeks met mense in verbinding tree wat twiet dat hulle hul eie lewe wil neem, en sal hulle in verbinding plaas met professionele mense wat hulle kan help, berig Reuters.

Beskerming van privaatheid

Nog ’n nuutjie is dat dit ’n oortreding word om iemand anders se private inligting te verklap. Dit sluit in hul adres of Social Security-nommer (een van die belangrikste vorms van identifikasie in die VSA).

         

Só tree Twitter teen oortreders op

Die maatreëls wat teen misbruik gebruik kan word, verander nie, hoewel Reuters bespiegel dat dit dalk eersdaags uitgebrei sal word. Dit sluit in dat gebruikers wat hulle wangedrag, gevra kan word om hul rekening te verifieer deur hul e-pos en foonnommer te bevestig. Gebruikers sal twiets wat die reëls oortree, moet uitwis.

  1. ’n Twitter-rekening kan vir ’n voorafbepaalde tyd geblokkeer word.
  2. ’n Gebruiker kan gevra word om sy foonnommer te verskaf indien vermoed word hy oortree die reëls. Wanneer sy rekening geverifieer is, sal hy versoek word om twiets wat die reëls oortree, uit te wis. Hy word daaraan herinner dat twiets nie gebruik mag word om mense te teister of te dreig nie en dat ander gebruikers se private inligting nie uitgelap mag word nie.
  3. ’n Gebruiker se rekening kan ook geblokkeer word totdat hy die aanstootlike twiets uitgewis het.

 

Artikel 7

Wette om enige kritiek te smoor.

Die drakoniese Muilbandwetsontwerp wag nog net vir president se handtekening, maar intussen is daar ander soortgelyke wetgewing wat wag om in 2016 deur die parlement aangeneem te word.
Een daarvan is die Wetsontwerp op Kubermisdaad en Kubersekuriteit wat verskeie ander wette in een wetgewing sal vervat.
Hierdie wet sal die staat toelaat om inligting te klassifiseer waar hulle sal besluit of dit wettig of onwettig is om die inligting te besit of te versprei. As die Wet verbreek word kan ‘n persoon tronkstraf opgelê word.
In egte kommunistiese wyse is daar ‘n bepaling dat die staat privaateiendom as nasionale kritieke inligtinginfrastruktuur kan klassifiseer.
Dit beteken dat enige data, rekenaardatabergingsmedium, rekenaartoestel, databasis, rekenaarnetwerk, elektroniese kommuniskasie-infratruktuur of enige deel daarvan of gebou of struktuur kan vervreem word.
Die wysigingswet oor die uitsaaiwese wat teen die einde van verlede jaar op bedrieglike wyse by die parlement ingesluip is, sal maak dat die Minister van Kommunikasie en nie die parlement nie, alle sê oor die SABC sal kry.
Die voorgestelde regulasies vir die publikasie van inhoud op die internet skuil agter die verskoning om kinderpornografie te bekamp.
Maar in effek sal dit beteken dat enige organisasie of individu wat digitale inhoud op die internet plaas, eers by die Rolprent-en-publiksieraad (RPR) sal moet registreer.
Dit geld selfs foto’s van ‘n middagete of ‘n uitstappie na die dieretuin.- Vryburger

 

Artikel 8

ANC bepleit tronkstraf vir rassiste

In ´n onrusbarende verwikkeling het die ANC aangedui dat die party sy parlementêre meerderheid wil misbruik om wetgewing op te stel, waardeur tronkstraf opgelê kan word aan enige persoon wat rassistiese uitlatings maak teenoor swart persone.

Ten spyte van uiteenlopende kritiek op die voorstel, sal tyd leer tot watter mate sodanige neo-rassistiese wetgewing sal slaag.

Na berig word, toon die stortvloed kommentare op sosiale media onmiskenbare swart haat en oproepe tot moordveldtogte, selfs direkte doodsdreigemente.

Die ANC en ander politieke partye het egter, soos verwag kan word, min hieromtrent laat hoor. – Vryburger

 

Artikel 9

 

Zuma blameer weer blankes vir sy foute

In ‘n toespraak wat die staatspresident, Jacob Zuma, Saterdag tydens die koeksnygeleentheid van die ANC se 104de bestaansjaar in Rustenburg gelewer het, het hy gesê dat die boere is die land se vyand.

Hierdie beskuldiging was slegs op die swart televisiekanale gewys, maar nie op die Afrikaanse kanaal nie.

Hy het gesê dat die land gesteel en nie gekoop is nie en dit is die rede vir die volk se armoede en nou word verwag dat die regering die grond moet terugkoop.


ancdictatorship


 

Enjoyed this post? Share it!