ANC propaganda-leuens

Propagandaleuens-Orwell-1

 

Panyaza Lesufi en verskeie ander politici se propagandaleuens oor “uitstekende matriek resultate” word wyd en syd verkondig.

Die hoofstroompers dra ook die berig dat Sedibeng in Sentraal Transvaal, met ´n slaagsyfer van 90,4%, die land se top-presterende distrik was.

Dit staan in skrille kontras met slaagsyfers van 95% vir BCVO se matrikulante, en 98% vir die IEB-eksamen groep.

Die rede waarom hierdie prestasies nie vermeld word nie, laat ons maar aan die lesers se verbeelding oor.

Uiteindelik is die werklike toets nie net in die slaagsyfers nie, maar in die vermoë van matrikulante om op hierdie prestasies voort te bou.

“Spesifiek ons CVO-kinders behaal nie net standhoudend goeie akademiese resultate nie, hulle kan die verworwe kennis prakties en denkend toepas in hulle gekose studie- en beroepsvelde.

Die volgehoue prestasie van oud-leerlinge spreek vanself.” – Vryburger 

Enjoyed this post? Share it!