ANC regime steel reeds ons boedels, nou steel hulle ons intellektuele eiendom. Wat van inkomste van mandela se “Long Walk…”?


ANC regime steel reeds ons boedels, nou steel hulle ons intellektuele eiendom. Gaan hulle alle inkomste van mandela se “Long Walk to…” ook nou oorneem?

Ek het gesels oor plaasveiligheid en selfverdediging en tussen al die nuwe gevalle is dit met groot skok dat ons moes verneem dat een van Impala Radio se omroepsters, Mariette Coetzee, vroeër vandag die slagoffer was tydens ‘n huisbraak en fisies wreed deur drie swart mans aangerand is.

Nog ‘n bekende kry nare ontwaking wanneer hy en sy gesin aangeval en aangerand word. Hulle is beroof van goedere met ‘n waarde van rondom R1,5 Miljoen.

Die bekende teaterman, regisseur, skrywer en die hoof uitvoerende beampte van Lefra Produksies, Frans Swart, sy vrou Hannelie, seun Frans-Hendrik en sy bemarkingsbestuurder, Charl Senekal, is Vrydagaand deur vyf gewapende rowers in hul huis en kantoor in Strubenvale oorval, aangerand en beroof

 

Na aanleiding van ‘n wetsontwerp wat  die regering so stil stil in die staatskoerant gepubliseer het, het ek ‘n paar onderhoude van utube afgetrek oor die onderwerpe oor die onteiening van eiendom. en ek speel dit graag vanaand

Artikel

Regering gryp intellektuele eiendom

Die nuwe Wetsontwerp op Kopiereg hou omvattende onheilspellende gevolge in vir alle kunstenaars in Suid-Afrika en kom daarop neer dat ʼn lied soos Steve Hofmeyr se Pampoen eendag outomaties aan die staat gaan behoort as die sanger nie meer daar is nie, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.
Die sinistere wetsontwerp is verlede maand stilweg in die Staatskoerant gepubliseer. Dit bevat verskeie kommerwekkende aspekte, waarvan die belangrikste die oorerwing van kopiereg na die staat is

Adv. Alberts sê dit affekteer alle kunstenaars soos skrywers, filmmakers, fotograwe, beeldhouers, skilders, musikante ensovoorts.

Luidens ʼn berig in vandag se Business Day bepaal die wet van die Departement van Handel en Nywerheid dat die eienaarskap van alle kopiereg na ʼn persoon se dood outomaties en permanent aan die staat oorgedra word. Sover bekend bestaan so ʼn bepaling in geen ander land in die wêreld nie.

Die wet bepaal voorts dat die staat op geen wyse kan wegdoen met hierdie besitreg soos deur dit te verkoop nie. Dit is die staat se uitsluitlike eiendom om mee te handel na goeddunke.

Nog ʼn bepaling van die wet is dat dit voorsiening maak vir ʼn Intellektuele Eiendoms-Tribunaal met wye magte en die daarstelling van ʼn vereiste minimum vir plaaslik vervaardigde inhoud vir die uitsaaibedryf.

Hierdie inhoud vir openbare uitsaaiers word op 80% gestel terwyl dit 60% vir private uitsaaiers is met swaar strawwe vir instansies wat dit nie nakom nie. Indien dit realiseer, kan kykers dus gereed maak vir ʼn magdom herhalings – veel meer as wat tans die geval is.

Adv. Alberts sê die Wetsontwerp is een van ʼn lang rits wetgewings met ʼn kommunistiese inslag wat daarop gemik is om beheer oor alles moontlik in die land te verkry te koste van die landsburgers.

“Die VF Plus sal dit teenstaan in die parlementêre portefeuljekomitee vir handel en nywerheidskomitee waar ek self sitting het.

“Ons nooi intussen alle kunstenaars om hul besware te registreer deur ‘n e-pos te stuur aan; help@vfplus.org.za met die onderwerp “Kopiereg” en die persoon se naam, van, kontaknommers, e-pos-besonderhede en die aard van bedryf sodat ʼn georkestreerde veldtog teen die Wetsontwerp van stapel gestuur kan word,” sê adv. Alberts.F – Die Vryburger

Ek speel die onderhoud wat Freek Robinson gehad het met Afrisake vs die EFF, daarna Afrisake se praatjie oor die onteiening  van eiendom en derdens die onderhoud wat  Freek Robinson met Afrisake gehad het oor die wetsontwerp oor die onteiening van eiendom.

imro


 

Enjoyed this post? Share it!