ANC regime verloor sy populariteit in Afrika

Tydens die spesiale buitengewone vergadering van Zanu-PF in Zimbabwe het die woordvoerder, Patric Chinemana, na afloop van die byeenkoms die vergadering se besluite afgekondig. Dit het bepaal dat Mugabe Maandag voor 12:00 as president moet bedank anders sal hy verwyder word. Hy het ook die name aangekondig van Mugabe se binnekring leiers en sy vrou wat uit die party geskors word.

Dit was opvallend dat aan die einde van sy toespraak hy sekere lande spesiaal bedank het vir hulle ondersteuning en dat Suid-Afrika se naam ontbreek het. Die lande wat genoem is, was Angola, Botswana, Tanzanië, Zambië en Mosambiek.

Dit was ook opvallend dat tydens Saterdag se reuse optogte verskeie persone gesê het dat Suid-Afrika sy neus uit Zimbabwe se sake moet hou en daar is ook spesiaal na Jacob Zuma verwys. Daar was ook plakkate tydens die Harare optog met die woorde ”Zuma bly uit Zimbabwe se sake”.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!