ANC se provinsiale verkiesingskonferensie in verkiesingskonferensie KZN ongrondwetlik, sê hof

Die ANC in KwaZulu-Natal se provinsiale verkiesingskonferensie wat in November 2015 gehou is, was ongrondwetlik.

So het die hooggeregshof in Pietermaritzburg bevind.

Duisende mense het die afgelope paar weke by die hof opgedaag om die onderskeie strydende ANC-faksies in die provinsie in die saak te ondersteun.

Lawrence Dube, ANC-raadslid, en vier ander raadslede het in Mei verlede jaar die aansoek gebring, nadat Senzo Mchunu op die konferensie as provinsiale voorsitter uitgestem en met Sihle Zikalala vervang is.

Hulle het aangevoer die konferensie is nie net te vroeg gehou nie, maar was deurspek van onregmatighede en dat die uitslae gemanipuleer is.

Zikalala het 780 stemme gekry en Mchunu 675 stemme. Altesaam 1 459 afgevaardigdes het gestem.

Zikalala, sy adjunk Willies Mchunu, die ANC, die Verkiesingsinstituut van Suidelike Afrika en ANC-hoëlui was respondente in die saak.

Deur: Netwerk 24


 

Enjoyed this post? Share it!