ANC sê rassehaat gedy in DA

 Mmusi Maimane Gallo ImagesANC sê rassehaat gedy in DA

Die ANC blameer die DA vir die onderonsies wat die week op sosiale media losgebars het.
Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder het gesê dat hulle het Woensdag ’n klag van rassisme by die Menseregtekommissie (MRK) teen die DA ingedien het.
Hy sê hulle het die MRK gevra om rassisme in die DA te ondersoek aangesien diegene wat dié rassistiese opmerkings maak, lyk of hulle almal uit dieselfde nes kom. Dit lyk of die DA ’n broeines vir rassisme geword het.
Die ANC het Dinsdag klagte van crimen injuria by die polisie aanhangig gemaak teen onder andere Penny Sparrow (eiendomsagent en geskorste DA-lid), Justin van Vuuren (gimnasium-eienaar), Chris Hart (ekonoom), Mike Waters (DA-adjunkhoofsweep) en Chris Roberts (DA-lid) weens omstrede kommentaar wat hulle in die sosiale media gelewer het.
Kodwa het gesê dit is vir die ANC opmerklik dat daar al meer rassistiese kommentaar uit DA-geledere kom en verwys na die DA se hantering van die Dianne Kohler Barnard-saak.
Mmusi Maimane, DA-leier, het gesê die ANC praat bog.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!