ANC “tegnies” bankrot – uitgawes oorksy bates

Die ANC is tegnies bankrot aangesien sy uitgawes sy bates oorskry.

Dit blyk uit die uitgaande tesourier-generaal van die ANC, Zweli Mkhize se verslag aan die duisende ANC lede die naweek.

Die ANC het skuld van R215 miljoen en het ‘n tekort van R47 miljoen vir die afgelope finansiële jaar. Die party het R750 miljoen spandeer aan verkiesings die afgelope 5 jaar.

Ten spyte van R2,6 miljard wat donateurs aan die party geskenk het kan hul boeke nog steeds nie klop nie.

R80 miljoen is betaal aan regskoste van krediteure.

Die afgelope verkiesing van die nuwe president het miljoene gekos en dit is onseker of dié koste reeds ingesluit is by die skuld van R215 miljoen.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!