ANC verdeeldheid vergroot voor komende verkiesing

Openlike konflik dreig in die ANC oor die komende presidentsverkiesing.

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, wat beskou word as die magtigste man in die party, het homself die gramskap van Jacob Zuma se eks, Nkosazana Dlamini-Zuma, op die hals gehaal. Hy het die naweek op die sosiale netwerk Twitter, hom uitgespreek ten gunste van Cyril Ramaphosa as opvolger van Zuma. Nkosazana is kwaad daaroor omdat sy ook aspireer en sy dit onvanpas vind dat die sekretaris-generaal kant gekies het vir die een kandidaat teen die ander.

Mantashe is van mening dat dit as vanselfsprekend moet wees dat die adjunkpresident moet opvolg sonder dat die president daarmee inmeng. Hy het die voorbeeld genoem van Mandela wat nie ingemeng het nie met die verkiesing van Thabo Mbeki as sy opvolger. Toe Mbeki probeer het om Zuma uit te hou, het chaos ontstaan, en hy voorspel dat daar weer chaos gaan wees as Zuma probeer om Ramaphosa uit te hou.

Deur: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!