ANC vereer terroris en word deur hulle as heldedaad beskou

Die ANC verromantiseer steeds sy struggle-terroriste wat hulle skuldig gemaak het aan die plant van bomme.

Die naweek het ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Thabang Makwetla, ‘n gedenklesing gehou vir so ‘n terroris, George Ramadzuli.

Ramadzuli het die slagoffer van sy eie terrorisme geword toe hy ‘n bom wou plant by die Delmas-landdroshof in 1984 en die ploftoestel letterlik in sy eie gesig ontplof het.

Daardie veragtelike daad van terrorisme word steeds deur die ANC herdenk as ‘n heldedaad, maar as ‘n blanke na kolonialisme of apartheid verwys, word dit as ‘n misdaad teen die mensdom beskou.

Die foto aangeheg:- Die Kerkstraatbom van 1983 – die ANC vereer steeds die daders van dié terrorisme teen onskuldiges.


Enjoyed this post? Share it!