ANC voorsitter in die Vrystaat, Ace Magashule, gooi vloermoer

Die ANC voorsitter in die Vrystaat, Ace Magashule, het ‘n tipiese EFF tirade gevoer by die provinsie se soveelste kongres die jaar.

Die huidige kongres is vier keer uitgestel weens ‘n hofbevel en takverkiesings wat gekenmerk is deur onreëlmatighede.

Volgens Ace het die swartmense hul waardigheid herwin deur die ANC.

Die vraag is egter wanneer het hulle hul waardigheid verloor?

Verder kritiseer hy mense en groepe wat nie die New Age publikasies wil ondersteun nie. Dit word gesien as sy volgehoue steun aan die omstrede Guptas.

Sy verdere tirade het gegaan oor radikale transformasie en die vraag is uiteindelik wie is swart kapitaal? Die realiteit, volgens waarnemers, is dat Afrika feitlik nie produseer nie maar uitsonderlik verorber. Die kapitaal wat by die klomp swart rykes is wat Absa, Eskom, SAL en die ander staatsentiteite oorgeneem het, is nie deur Magahule vermeld nie, en hy versuim ook om te sê dat diesulkes bykans al die staatsbeheerde entiteite oor die afgrond bestuur het.

Magashule is weer tot voorsitter herkies, maar die kongres en verkiesing sal moontlik nog ‘n draai in die hof gaan maak.

Foto: Ace Magashule

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!