ANC Vroueliga ontsteld – Emansipasie van vroue het misluk

In ‘n kultuur waar die man die dominerende party is, is die ANC Vroueliga baie ontsteld oor die pas afgelope ANC verkiesing.

Uit die aard van die saak is hul teleurgesteld dat Nkosazana Dlamini-Zuma nie president van die ANC geword het nie, maar om die sout verder in die wonde te vryf is vyf van die ses topposte in die ANC deur mans gevul. Dit is selfs een vrou minder as in die vorige sogenaamde top ses.

Emansipasie van vroue het volgens Bathabile Dlamini misluk binne die ANC.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!