ANC wil media se mond snoer, Boere verder verdruk en chaos by Universiteite misbruik vir hul eie doeleindes

ANC wil media se mond snoer, die Boere verder verdruk en noem die ongekende chaos by die land se Universiteite ” ‘n gedissiplineerde aktivisme tot transformasie”.

Artikel 1

Die pers mag nie die waarheid rapporteer nie

Die Zuma-regering het teen alle kritiek en waarskuwings, besluit om voort te gaan met hulle aanslag op die pers.

Benewens die “nuwe” weergawe van die sogenaamde muilbandwet, wat ten doel het om beriggewing teen die ANC aan bande te lê, beoog die regime nou ook ´n media tribunaal.

In sy bekendmaking hiervan, tydens verrigtinge om persvryheid te gedenk, het Zuma onder andere gekla dat die media hom as “korrup uitbeeld” en boonop nie daarvoor verskoning wil vra nie.

Uit verskeie oorde word beide stappe bevraagteken, met kommer van regerings-inmenging by enige tribunaal, en vele regsmenings dat muilbandwetgewing indruis teen die grondwetlike beskerming van persvryheid.

Ons ontleder is dit eens dat hierdie stappe veral werklik onafhanklike instansies aan bande gaan lê.

Die regering beheer reeds só ´n groot deel van inligting wat openbaar gemaak word, dat professionele en onbelemmerde berriggewing en ontleding noodsaaklik is om wal te gooi teen breinspoeling uit sowel owerheidsweë, as uit die hoofstroompers en die geldmagte daaragter.- Vryburger

 

Artikel 2

Politici wil blanke boere vernietig

Die ANC-SAKP regime wil ontslae raak  van die blankes, en daarom word alles in werking gestel om hulle uit te druk uit elke moontlik struktuur waar hulle mag funksioneer.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder in Pretoria nadat die regering weereens bevestig het dat boere die helfte van hulle grond moet afstaan, en beperking geplaas word op die grote van die grond wat kommersiële boere mag besit.

Om die proses van vernietiging effektief toe te pas, word die spektrum van die bedryf gekelder deur die emosie gelaaide aktiviste wat hulle beywer om blankes te verdryf uit die landbou.

Nie alleen is arbeidswette ingebring wat die boere finansieel knel nie, maar is minimum lone ingestel wat reeds vir die meeste landbouers onbekostigbaar geword het, en afleggings gevolg het wat tot grootskaalse werkloosheid gelei het.

Hy sê benewens dit alles is pogings aangewend om onder die dekmantel van taal-onderrig, te probeer om landbou kolleges om te keer en ontslae te raak van blanke studente.

Met ’n aanslag op landbou studente word gepoog om te verhoed dat blanke studente hulle bekwaam vir die bedryf, terwyl hulleself geen landbou agtergrond het nie.

Met die uitsondering van ’n paar heethoofde, bestaan die sogenaamde grondhonger waarop die ANC en sy kommunistiese bondgenote aanspraak maak, hoegenaamd nie, het hy gesê.

“Die bewyse is te sien by die transaksies waar landbougrond uitgekoop is om aan die sogenaamde “grond hongeriges” oor te dra, net om enkele jare later as verwaarloosde plaas verkoop te word”.

As daar ’n grondhonger was, sou swartmense in die destydse Transkei nou uitstekende boere gehad het, maar sulke mense bestaan nie in die gebiede nie.

“Vandag is die Transkei-gebied ’n riller wat bestaan uit ’n magdom brakslote weens swak boerdery metodes waar grondbewaring geen rol speel nie, en dit kan Suid-Afrika se voorland word”, het hy gesê.- Vryburger

 

Artikel 3

Plase geoormerk vir aardgas

‘n Geldhonger regering het nou toegelaat dat ‘n maatskappy verkenningswerk vir die ontginning van aardgasse en minerale doen.

Sowat 6,500 plase in die Vrystaat, Sentraal-Transvaal en Oos-Transvaal is vir die doel geteiken.

Boere wil weet of die nuwe Minister van Minerale, Mosebenzi Zwane, wat oorspronklik van die Noord-Vrystaat kom, iets hiermee te doen het.

Rhino Oil and Gas Suid-Afrika Pty. Ltd, gaan samesprekings en vergaderings hou in afwagting van toestemming vir verkenningswerk om na olie, gas, kondensaat, steenkoollaag-metaan, helium en biogeniese gas te soek.

Phillip Steyn, bedryfshoof van die maatskappy het tot dusver net die boere ontstel met sy praatjies.

Die boere se besware is dat daar reeds ‘n waterkrisis is en hulle kan dit nie bekostig dat die ondergrondse watertafel besoedel raak nie.

Dit is bekend dat hidrobreking oor die hele wêreld met misnoë bejeen word en in baie plekke verbied is, weens die vernietigende effek wat dit op plant, mens en dier het.

Van die boere het beklemtoon dat die drinkwater besoedel sal word en die mynaktiwiteite kan die natuur met sy pragtige vleie en voëllewe verwoes.

Drinkwater kan geskaad word, want ons riviere loop in die Vaalrivier uit. Mynaktiwiteite kan die natuur met sy pragtige vleie en voëllewe verwoes, sê hulle.

Nog ‘n beswaar is dat die Suid-Afrikaanse regering kan nie toesien dat water- en rioolstelsels reg bestuur word nie, hoe gaan hulle oliebore bestuur?

Steyn het bevestig op die vergaderings was daar boere wat wou weet of die ryk Indiese Gupta-familie en pres. Jacob Zuma betrokke is.

Hy sê hulle is ’n private maatskappy en doen werk op kontrakgrondslag. – Vryburger

 

Artikel 4

Het apartheid Afrikaanse universiteite geskep?

Persepsies:

  • “Afrikaanse universiteite is geskep om Afrikaner-intellektuele op te lei in diens van apartheid.”
  • “Afrikaanse universiteite is ’n direkte gevolg van die apartheidsbeleid dat universiteite gesegregeer word op grond van ras en onvermydelik ook taal.”

Bogenoemde twee stellings is albei in alle erns gemaak in debatte oor die voertale van Afrikaanse universiteite. Hulle is in stryd met mekaar, want volgens die een was die stigting van Afrikaanse universiteite ’n gevolg van apartheid, volgens die ander was apartheid een van die oogmerke daarvan. Albei stellings dien nietemin as argument teen die gebruik van Afrikaans as hoofvoertaal aan histories Afrikaanse universiteite.

Hoe en waarom hét Afrikaanse universiteite werklik tot stand gekom?

Die voertaal aan die voorlopers van die histories Engelse én die histories Afrikaanse universiteite was Engels. Verskeie kolleges het studente in die negentiende eeu begin oplei vir universiteitseksamens. Dié eksamens is afgeneem deur die University of the Cape of Good Hope (UCGH), wat self nie ’n residensiële universiteit was soos ons dit nou ken nie, maar ’n eksamineringsliggaam wat skool- en universiteitseksamens afgeneem het. Die UCGH se enigste eksamentaal was Engels. Daarby was die meeste dosente, ook aan die kolleges met heelparty Afrikaanse studente, afkomstig uit die Engelse wêreld. Daar was wel enkele Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge, maar die oorgrote meerderheid was net Engels magtig. Dit is dus nie vreemd nie dat Engels gevestig geraak het as die enigste taal vir tersiêre onderwys in ’n Britse kolonie.

Vroeg in die twintigste eeu het dit verander. Die Unie van Suid-Afrika, wat in 1910 tot stand gekom het, het Engels en “Hollands” (Dutch) as amptelike tale erken, en laasgenoemde het volgens ’n wet van 1925 Afrikaans ingesluit. Omdat ’n amptelike taal gewoonlik ook as onderwystaal gebruik word, het daar stap vir stap ’n einde gekom aan die alleenheerskappy van Engels as onderrigmedium in skole en universiteite.

Só het die UCGH die gebruik van Hollands as eksamentaal vir skooleksamens erken – vanaf 1911 vir die openbare juniorsertifikaat (graad 10) en van 1912 af vir die senior sertifikaat en matrikulasie. Aanvanklik het dit ondenkbaar gelyk dat Nederlands of Afrikaans ’n universiteitstaal kon word. In 1908 is ’n konferensie gehou oor die stigting van ’n Suid-Afrikaanse residensiële universiteit. ’n Besluit van die afgevaardigdes het daarop neergekom dat Engels die enigste voertaal sou wees. Die Afrikaners het die besluit geheel en al verwerp. Daarom, maar ook om andere redes, is die plan laat vaar.

Kort ná Uniewording het die regering aangekondig dat hy ’n nasionale Suid-Afrikaanse universiteit gaan oprig. Dit sou gefinansier word deur ’n skenking van ₤500 000 deur die mynmagnaat en finansier sir Julius Wernher, en die finansier Otto Beit, ’n vriend van Rhodes. In 1912 is ’n wetsontwerp voorberei. Die taalbepaling het gelui dat dit die plig van die universiteitsraad sou wees om te sorg dat die hele universiteit die taalbepalings van die grondwet uitvoer. Dit het ingehou gelyke behandeling van Nederlands (en/of Afrikaans) en Engels. Daarmee was die donateurs nie tevrede nie en die wetsontwerp is teruggetrek.

’n Nuwe wetsontwerp is toe opgestel waarin die taalbepaling so verwater is dat dit teenstand van Afrikaners uitgelok het, onder meer van die Victoria Kollege in Stellenbosch. Dáár het ’n UniversiteitsWaakzaamheidskommissie bestaan wat verskeie besware teen die nuwe wetsontwerp gehad het, ook teen die taalbepaling. Ná heelwat onderhandelinge is besluit dat die Beit-Wernher-bemaking sou gaan vir geboue aan ’n toekomstige Universiteit van Kaapstad.

Niemand kon daaraan twyfel dat dit ’n Engelse universiteit sou wees nie. Sou daar ook geld gevind kon word vir ’n Afrikaanse universiteit?

Vermoënde Afrikaners was toe maar skaars. Stellenbosch het egter ’n donateur gevind in mnr JH Marais, wat saam met drie van sy broers op die diamantvelde in Kimberley ryk geword het deur diamantaandele en aansienlike belange in De Beers. Marais, LV vir Stellenbosch, is op 5 Mei 1915 oorlede en het ₤100 000 nagelaat vir die stigting van ’n Universiteit van Stellenbosch. Die bedrag het baie daartoe bygedra dat Stellenbosch as onafhanklike universiteit sy eie oktrooi ontvang het. Mnr Jan Marais het in sy testament bepaal dat die “Trustees” by die toekenning van die geld sal sorg dra dat “aan het College de Hollandsche Taal in zijn beide vormen – d.w.z. Afrikaans zoowel als Nederlandsch – geen minder plaats dan het Engelsch innemen zal”.

Die Parlement het in 1916 drie wette aangeneem waardeur drie universiteite in die lewe geroep is: ‘n federale Universiteit van Suid-Afrika met ses samestellende universiteitskolleges, die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad. Hulle het op 2 April 1918 selfstandig geword. Die Universiteit van Suid-Afrika het soos die óú UCGH opgetree as die eksamineringsliggaam vir die samestellende universiteitskolleges wat nog nie selfstandig was nie. Hulle was die Rhodes-, Grey-, Hugenote- en Transvaalse Universiteitskolleges en die SA School of Mines and Technology. Die GUK, TUK en School of Mines was die voorlopers van die latere Universiteite van die Vrystaat, Pretoria en Witwatersrand. In 1921 het ook die Potchefstroomse Universiteitskollege een van die samestellende kolleges geword en tydelik, tot 1933, ’n deel van sy naam, “vir Christelike Hoër Onderwys”, verloor.

Die twee belangrikste politieke partye van daardie tyd, die Nasionale Party (oorwegend Afrikaans) en die Suid-Afrikaanse Party (oorwegend Engels) was oor die algemeen in beginsel tot in die twintigerjare ten gunste van tweetalige universiteite, maar nie een van hulle het ’n goed uitgewerkte plan vir die uitvoering van dié tweetaligheid gehad nie. Verskeie faktore was werksaam wat tot ’n taaldifferensiasie gelei het.

Voordat ons ingaan op dié differensiasie, het dit nut om te let op die omstandighede wat bepaal watter taal in ’n meertalige land as universiteitstaal gebruik word:

  • Die behoefte aan opleiding deur middel van die betrokke taal vir loopbane buite die tersiêre onderwys, byvoorbeeld in bestuursinstellings, op die regbank, in die sakelewe en nywerhede – alle beroepe wat opgeleide mense vereis.
  • Die kennis van die tale by dosente.
  • Die kennis van die tale by die studente, wat onder meer daarvan afhang of die taal die onderrigmedium in primêre en sekondêre skole van die taalgemeenskap is.
  • Die stand van die taal as wetenskapstaal, wat onder meer bepaal of daar boeke en ander studiemateriaal daarin bestaan.
  • Die taallojaliteit van die betrokke gemeenskap en die houding teenoor ander tale. Die deel van die taalgemeenskap wat veral belangrik is, is die studente (en hul ouers), dosente en universiteitsliggame wat oor die lesing- en eksamentaal besluit.
  • Die aanhang wat bepaalde taal- of ander ideologieë in die gemeenskap het.
  • Die gesindheid en kapitaalkragtigheid van instansies en individue wat die geld moet verskaf om die universiteite te stig en aan die gang te hou, soos die regering wat subsidies betaal, moontlike donateurs (soos Wernher, Beit en Marais) en die gemeenskap waaruit die studente kom.

Wat die eerste faktor betref: Engels was altyd die dominante taal, veral in die gewese Britse kolonies, Kaapland en Natal. Maar ná 1910 het daar ’n behoefte gegroei aan mense wat opgelei is in Nederlands en Afrikaans; hulle was immers amptelike tale.

Ondanks hierdie behoefte het ’n hele paar ander faktore daartoe gelei dat ’n aantal universiteite eentalig Engels gebly het. Aan die Engelse universiteite was daar steeds ’n groot presentasie dosente en studente wat nie Afrikaans magtig was nie. Bowendien was die Engelssprekendes nog altyd ’n gemeenskap met ’n besonder sterk taallojaliteit. In die eerste dekades van die twintigste eeu was dié gemeenskap dikwels ook baie negatief teenoor Afrikaans en sy sprekers. In 1937 was daar byvoorbeeld – ondanks samewerking tussen Afrikaans- en Engelssprekendes op politieke gebied – ’n bittere protes toe die pas gestigte SABC besluit het om nie net Engelse aankondigings in sy gesamentlike radiodiens te gebruik nie, maar ook Afrikaans. Dat Afrikaans vir akademiese doeleindes gebruik kon word, was vir die Engelse universiteit en gemeenskap, trouens ook vir sommige Afrikaanstaliges, ondenkbaar.

Aan die historiese Afrikaanse universiteite was die toestand anders. Die oorgrote meerderheid studente was Afrikaans magtig, en mettertyd is ook al hoe meer dosente aangestel wat daarin kon doseer. Baie van hierdie dosente was gewillig om Afrikaans as wetenskapstaal te ontwikkel.

’n Berig in Die Volkstem van 12 April 1918 toon hoe Afrikaners oor dié ontwikkeling gevoel het. Dié blad berig oor die eerste lesing in Pretoria in chemie, ’n sogenaamde “demonstrasielesing” deur prof. DF du Toit Malherbe:

Om 5 uur sou die lesing beginne. Die studente was erg geesdriftig daaroor gestem, en reeds om kwart voor 5 was daar pl. m. [plus-minus] 30 stuks teënwoordig. Ons merk in die saal nie alleen 1e jaar B.A.’s nie, maar ook B.A.’s, B.A. honneurs, 4e jaar landbouw B.Sc’s en bijna al die mees serieuse kerels, wat hul studie opvat, is daar. Alle oë is op die prof. gevestig, en met spanning word gewag op die eerste afrikaansetaal les … En toen prof. Malherbe s’n eerste woorde verneem werd, was ’t of die meeste studente ontwaak uit ’n diepe rooi-slaap, en wakker skrik in hul eie moederland! Daar hoor hul al die taaie tegniese woorde sê, maar sagter gemaak, en familiaarder klink, in hul eie moedertaal. Na afloop van die lesing werd daar ’n lijs opgeplak waarop die studente wat hul skeikundige lesse in Afrikaans wens te ontvang, hulle name moes teken. En toen is daar een van die onplesierige dinge gebeur, wat voortkom uit mense sonder gevoel of sin of verbeeldingskrag. Die volgende more vind ons die onskuldige lijs van die kennisbord afgeruk, deur een van ons Engelse vriende, en met ’n aantal voetspore bestempel op die grond lê!

Baie Afrikaners was lojaal aan hul taal en het geëis dat dit in die tersiêre onderwys gebruik word. Nadat die land in 1918 die genoemde drie universiteite verkry het, het Afrikaanse studente van die samestellende kolleges petisies aan die Universiteit van Suid-Afrika en die minister van onderwys gerig om te vra dat Afrikaans as vak ingestel en dié taal as voertaal vir ander vakke erken word. Onder meer om dié rede het die Universiteit van Suid-Afrika die gebruik van Afrikaans as doseer- en eksamentaal erken. In Bloemfontein het prof. D.F. Malherbe op 2 Augustus 1918 ’n kennisgewing opgeplak wat ’n mylpaal in die ontwikkeling van Afrikaans verteenwoordig. “Studente word tans toegelaat om Afrikaans als medium te gebruik bij alle eksamens van die Universiteit van Suidafrika.”

In hul ywer kon Afrikaanstalige studente en dosente aansluiting vind by die taalideologie wat reeds van voor 1920 af ’n invloed begin uitoefen het, naamlik ’n sterk vorm van taalpurisme. Dit het ingehou dat gelyke taalregte in die onderwys die beste in enkelmediumskole en ander instellings vir die onderskeie taalgroepe beoefen kan word. Twee ander ideologieë het egter ook aanhangers gehad, naamlik ’n assimilasie-ideologie (waarvan die voorstanders alleen Engels as voertaal wou hê) en ’n vorm van internasionalisme (waarby ’n algemene kommunikasietaal, in Suid-Afrika ook Engels, as amptelike en onderwystaal gebruik word). Gevolglik het die bestaan en vóórtbestaan van Afrikaanse skole en universiteite weerstande opgeroep, terwyl die bestaan van eksklusief Engelse inrigtings nooit bevraagteken is nie. Invloedryke figure aan die Universiteite van Pretoria en die Vrystaat was teen Afrikaanswording, ook belangrike Afrikaanse politici.

Nietemin is lesings deur medium van Afrikaans aan al vier die ouer histories Afrikaanse universiteite van voor 1920 af aangebied, soms net in enkele vakke soos geskiedenis. Die Potchefstroomse Universiteitskollege, wat ontwikkel het uit die teologiese skool van die Gereformeerde Kerk, was die eerste wat volledig Afrikaans was. Die Universiteit van Stellenbosch het stadiger gevolg. Die ouer dosente wat nie in staat was om Afrikaans te gebruik nie, is toegelaat om met Engels vol te hou tot met hul aftrede. Dit het in die reël ook gebeur aan die voorlopers van die Universiteite van Pretoria en die Vrystaat, maar aan dié twee universiteite is ’n veel langer stryd gevoer – eers om die wanbalans tussen Afrikaans en Engels te verander (Engels was tot die einde van die jare twintig die hoofdoseertaal aan hulle albei), daarna om die universiteite volledig te verafrikaans. Die Hugenote-universiteitkollege in Wellington, wat Engels vir hoofsaaklik Afrikaanse studente bly gebruik het, het gekwyn, en is in 1950 gesluit.

In elk geval, toe die sogenaamde “apartheidsregime” in 1948 aan die bewind kom, was die taaldifferensiasieproses reeds verby, en die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria, die Vrystaat en Potchefstroom Afrikaans. Apartheid het nie Afrikaanse universiteite geskep nie en die Afrikaanse universiteite het apartheid nie gemaak nie. Dat hulle Afrikaans was, was ’n gevolg van die Afrikaners se dekade lange stryd vir die gelykberegtiging van Afrikaans en Engels.

Artikel soos verskyn in: Van Rensburg, FIJ (red.). 2004. Afrikaans lewende taal van miljoene. Pretoria: Van Schaik.

Prof. Jaap Steyn

 

Kom ons kyk na die ongekende chaos by ons Land se Universiteite

  • Gister het ‘n wit student ‘n nagmerrie beleef toe swart betogende student hom in sy bakkie aangerand het en sy bakkie omgegooi het.
  • Vandag breek die betogers in by ‘n kantien in by die universiteit en eet hulself dik voor hulle verder betoog

Artikel 5

Bloemfontein – Die SR-President van die Universiteit van die Vrystaat, Lindokuhle Ntuli, sê  studente is bekommerd en gefrustreerd oor die beplande verhoging in klasgeld vir 2016.

Studente van verskeie universiteite neem tans deel aan protesaksie oor die kwessie.

Die Kovsie-studenteraad vergader vanmiddag om 17:00 met die rektoraat en die finansiële komitee oor die beplande verhoging. Ntuli sê  hulle gaan versoek dat daar geen verhoging plaasvind nie.

Ntuli sê  hulle begin Vrydag ‘n inisiatief ‘Right to Learn’, waarmee arm studente bygestaan sal word. Rektor Jonathan Jansen het intussen gister in ‘n brief op die universiteit se webtuiste genoem dat hulle die bespreking met die studenteraad oor die kwessie ernstig opneem.

 

Artikel 6

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, en sy departement moet die blaam dra vir die vlaag van protesoptrede deur studente oor voorgestelde verhogings in klasgelde, het die ANC-jeugliga se president, Collen Maine, Dinsdag gesê .

“As die minister werklik omgegee het, sou hy net n  die gebeure by Wits hieraan aandag geskenk het omdat dit ‘n aanduiding was dat verdere optrede op pad is,”  het Maine gesê .

“ Ons het ‘n aanduiding van hom as minister nodig oor of hy kwessies wat met hoër onderwys te make het, kan hanteer of nie. As hy nie kan nie, moet hy dit aan die president sê  en dan moet die president die studente van hierdie land bystaan deur iemand aan te stel wat dit wel kan doen.”

Die protesoptrede oor hoër klasgelde het verlede week by die Universiteit van die Witwatersrand begin. Daarna het studente by die universiteite van Rhodes, Stellenbosch en Kaapstad hulle by die protesbeweging aangesluit. Ingange tot die universiteite is versper en klasse en ander aktiwiteite is tot stilstand gebring.

Daar word verwag dat studente van die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Fort Hare hulle ook by die protesoptrede kan aansluit.

Nzimande sou Dinsdag met die visekanseliers van universiteite van oor die land heen in gesprek tree.

Maine s  dat Nzimande na Wits moes gaan om self met die studente te praat en hulle in te lig hoe hy die aangeleentheid gaan hanteer.

“Ons almal kan geraas maak en sé  dat ons die struggle ondersteun, maar aan die einde van die dag is daar ‘n probleem met die uitvoerende gesag,” het hy gesê met verwysing na die minister en sy departement.

“So, daar moet net aan ons gesê  word as daar ‘n probleem is met die hantering van kwessies van hoër onderwys.”

Nzimande het Maandag tydens ‘n mediakonferensie gesê die protesaksie deur studente is nie ‘n nasionale krisis nie

Studenteoptrede is ‘gedissiplineerde aktivisme’, sê  ANC

 

Artikel 7

Die ANC in Gauteng  sê  studente landwyd het deur “gedissiplineerde aktivisme” die kollig op transformasie by universiteite gegooi.

“Ons glo die aksies van die studente by Wits kan ‘n katalisator wees om die  transformasie te bereik. Die jong mense het die land wakker geskud en gewys dat transformasie in tersiëre instellings noodsaaklik is. Die kwessie oor hoë klasgeld kan nie na môre uitgestel word nie.”

Die ANC het ‘n beroep gedoen op betogers om nie inbreuk op die regte van ander studente te maak nie en het wetstoepassers gevra om die veiligheid van alle betrokkenes te verseker.

 

Artikel 8

‘n Groep van meer as 50 studente van die Universiteit van Stellenbosch ‘n interdik verontagsaam wat deur ‘n balju van die hof Dinsdagoggend aan hulle oorhandig is.

Betogers het die glas van die universiteit se Admin B-gebou se ingang gebreek en skares studente het buite saamgedrom. ‘n Menseketting is vir ‘n ruk voor die ingang gevorm.

Gerugte van een beseerde is op Twitter versprei, maar kon nie bevestig word nie.

Betogers het die admin-gebou intussen herdoop na ?Winnie Mandela House?. Die Universiteit het vroeër ‘n hofbevel bekom teen ‘n betoging op die kampus.

Die Admin B-gebou se besetters het verbygangers toegesnou: “Fok julle en fok die polisie. Hulle het julle in Marikana gebruik om ons pa’s dood te maak!”

“Dit is nie ‘n fokken dieretuin” nie, het betoger ook skree toe groepe studente kom kyk het hoe die besetting ontvou. Betogers het ook geskree dat hulle “wit suprematisme” gaan beëindig.

Swart onluste-polisie monitor van vanoggend af die gespanne situasie by die universiteit waar die betogers die gebou beset.

Hulle het intussen ingestorm om die gebou te ontset onder luide veroordeling van die betogers wat geskree het “Dis nie onluste nie!”

Sommige studente was in die gebou toegesluit waar veiligheidspersoneel toesig gehou het. Die studente betoog glo teen die voorgestelde verhoging in klasfooie.

Betogers van die Universiteit van Kaapstad het na verskeie koshuise op die kampus beweeg om werkers wat uitgekontrakteer is, te dwing om hulle poste te verlaat.

By Rochesterkoshuis het betogers binnegestorm om die kos te “nasionaliseer” en hulself gehelp aan die middagete.

Hulle het daarna hul opmars na die strate van die Kaapstad se voorstede voortgesit.

Die werkers sluit veiligheidswagte en skoonmakers in. Die studente eis dat die universiteit die gebruik van privaatmaatskappye op die kampus moet staak.

Klasse is weer opgeskort en die universiteit het ‘n hofbevel gekry om die betogers te verbied om gewone bedrywighede op die kampus te ontwrig.

Intussen sê  betogende mediese studente by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg hulle protesoptrede raak nie noodsaaklike dienste by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal nie.

Die betogers het intussen na die strate van Johannesburg uitgebrei waar verkeer vir die tweede dag ontwrig word.

Die betogers sê  hulle verwag slegs van studente om aan die betoging deel te neem, en dat dokters en mediese personeel beskerm sal word.

Die studente betoog oor ‘n voorgestelde verhoging in klasgelde. Baie van die mediese studente was veronderstel om vandag eksamen te skryf.

Protes het voortgegaan by Wits asook Rhodes universiteite. Klasse by die drie universiteite is opgeskort vir nog ‘n opeenvolgende dag.

Protes het ook begin by Fort Hare-universiteit in die Oos-Kaap.

Protes sal ook Woensdag by Tuks Universiteit in Pretoria begin. – Praag

 

Artikel 9

Bloemfontein – Die SR-President van die Universiteit van die Vrystaat, Lindokuhle Ntuli, sê studente is bekommerd en gefrusteerd oor die beplande verhoging in klasgeld vir 2016.

Studente van verskeie universiteite neem tans deel aan protesaksie oor die kwessie.

Die Kovsie-studenteraad vergader vanmiddag om 17:00 met die rektoraat en die finansiële komitee oor die beplande verhoging. Ntuli sê hulle gaan versoek dat daar geen verhoging plaasvind nie.

Ntuli sê hulle begin Vrydag ‘n inisiatief ‘Right to Learn’, waarmee arm studente bygestaan sal word. Rektor Jonathan Jansen het intussen gister in ?n brief op die universiteit se webtuiste genoem dat hulle die bespreking met die studenteraad oor die kwessie ernstig opneem.

Artikel 10 siniese briefie kastig van student aan Ouma

Liewe ouma
Ek is alweer security. By Wits. Maar hier is niks ‘wits’ nie. Almal skree nou oor klasgelde. As klasgelde styg is daar nie genoeg oor van die Anglo-beurs om die uitgebreide familie in Thokoza te onderhou nie.
Die studente hier gee hulle kinders voorletters vir name, soos destyds met FW en PW. Hier is nou net een verby met klein BSc in ‘n pram – sy reken sy naam is BSc want dis al wat sy op universiteit gekry het.
Hulle het ou Habib op sy kniee laat sit. Nou weet ek van daai toilette op die vloer by die lughawens vir Asiers. Dis laat jy gemaklik kan wees.
Homo Naledi bekyk alles hier by Wits uit die Origins Centre. Hy trek nou self die ewolusieleer in twyfel, want hy sien net barbare.
Die studente is baie kwaad. Net 21% slaag hulle eerste jaar. Hulle het nie eers houtwerk nie. Party kom uit Limpopo. Dan bied Wits vir hulle die eerste twee weke rekenaar- en taalklasse aan. Hulle ken daar niks van nie, want in Limpopo werk hulle met paraffien. Maar hulle het beurse.
A year ago they courent even spell teecher, now they are one.
Groete
Hansie.

FN

Artikel 11

Jeug Mobilisasie

Wanneer rewolusionêre beplanning na die fisiese oorgaan, word dit gewoonlik deur middel van jeug mobilisasie gedoen. Dit is opvallend hoe geweld nou letterlik regoor die land by universiteite opvlam met ‘n definitiewe rasse ondertoon. Gister was daar gewelddadige protes by 5 universiteite en talle ander word nou geteiken.

Voorsitter, Paul Martiz van Noordwes Universiteit Potchefstroom kampus sê dat hulle moeg is vir politiekery, vals beskuldigings van rassisme en onderdrukking onder die vaandel van transformasie.? deur hierdie swart proteste.

Die redakteur van City Press, Ferial Haffajee, verwys na die betogings by universiteite en sê dit voel vir haar asof die land op die rand staan van ‘n tweede rewolusie.

Intussen word ‘n omstrede teksboodskap op kampusse versprei wat die fyn beplanning om ingange te blokkeer verduidelik en aanbeveel dat blanke studente nie by die protesaksies ingesluit word nie omdat hulle glo nie vertrou kan word nie.

By Wits het honderde studente saamgedrom en begin sing “Dubula Dubula” (Skiet, skiet.) Honderde studente het met stokke en klippe daar byeengekom. Talle ander militante haatspraak uitlatings teen blankes, koloniale en wittes is by ander kampusse gehoor.

Die massa mobilisasie wat nou nasionaal by kampusse voorkom, het spesifiek ten doel om die hoogs opsweepbare en aanwendbare jeug te mobiliseer ‘n aanduiding op laaste fase mobilisasie tegnieke.  —   — Suidlanders

Oordeel self

 

 

 

Enjoyed this post? Share it!