Ander dele van ons land is droog, maar daar is ook groot skade as gevolg van die weer

Terwyl groot dele van veral die noordelike dele van die land juig oor die goeie reën wat die afgelope tyd geval het, is daar ook groot skade aangemeld.

Hael en storms het reeds groot skade aangerig.

Tussen Ermelo en Sheepmoor het talle boere groot skade as gevolg van hael gehad. Een van hulle is TLU SA se adjunkpresident en veiligheidsvoorsitter, mnr. Henry Geldenhuys. Sy hele soja en mielie oeste is vernietig.

Teenaan die Vaaldam is dit bevestig dat ‘n tornado gewoed het en groot skade aangerig het. Bome is ontwortel, oeste vernietig en huise en store se dakke is erg beskadig.

Intussen beleef die Wes-Kaap, waar die droogte nie gedurende die reënseisoen gebreek kon word nie, ‘n hittegolf wat verdere druk op die beskikbare waterbronne plaas.


Enjoyed this post? Share it!