Andre Visagie – Is die Verlossing van die Slawerny van die Boerevolk nou in sig?


SAUK Aktueel Andre Visagie Selfbeskikking 27 Okt 2015

Opname van Andre Visagie oor Selfbeskikking deel 1, ons gaan aan met deel 2 daarna.

 Nou vir deel 2 maar kom ons hoor eers wat sê Frans Cronje (SA Instituut van Rasseverhoudinge)

Artikel

Die ANC is pylreguit op pad na ‘n Kommunistiese staatsbestel waarin ons volk en alles wat vir ons heilig is ten gronde sal gaan, inderdaad vernietig sal MOET word om die plan deurgevoer te kry.

Kom ons wees nou vanmiddag brutaal eerlik met mekaar- Hierdie gereelde en uitputtende praatjies van: “Hulle sal dit nie waag nie. Ons sal opstaan en terugbaklei” is presies dit – Facebookpraatjies. Dara was gister tien maal sterker standpunte oor Hannes Engelbrecht se plasing oor die Springbokke, as wat daar nog ooit was oor ‘n plaasmoord of oor ‘n saamtrek. Ons is eenvoudig te lamsakkig om op te staan en aktief mee te help aan dit wat die enigste opsie is: Om selfbeskikking te bewerk. Ons is nie bereid om leiding te neem, om van huis tot huis in ons buurt te gaan en mense te mobiliseer nie. Ons sit en wag vir iemand anders om dit te doen. Ons het lui, ruggraatloos en lamsakkig geword, omdat dit gerieflik is. Ons dink ons doen ons deel as ons net so elke paar dae sê: “Ag wat, dis te laat. Daar is niks verder te doen nie. Maar wat julle moet doen is die volgende:…..”

Geen wonder ons is op ‘n laagtepunte van moedeloosheid in ons volk nie – ons breek mekaar se moed af!

En wanneer dit te laat is, wanneer die rewolusie afgehandel is en ons pionne van ‘n Kommunistiese staat is en ons huise en plase en rygoed genasionaliseer is en ons in presies eenderse woonstelkomplekse ingeforseer is, dag en nag deur die staatspolisie dopgehou met ‘n skrikbewind, ons pragtige kerkgeboue omskep in staatsbordele en ons kinders geïndoktrineer om te haat wie en wat hulle is – dan sal dit nie meer help om te sê: “As ek maar opgestaan en help saambaklei hetom weg te kom onder daardie bewind nie!” Teen daardie tyd moet ons maar gewoond wees daaraan om mekaar “Comrade” te noem en nie vrae te vra as jou man of seun in die nag weggesleep word en vir 20 jaar sonder verhoor in tronke aangehou word nie, want dit is die realiteit van Kommunisme.

Wat hier onder geskryf staan, is die mening van ‘n bekwame en gesiene man wat nie altyd bekend is vir sy konserwatiewe menings nie. Gaan dink goed daaroor na:

(Frans Cronje) Ten spyte van al die chaos bly die ANC vasbeslote om sy revolusie te voltooi. By hul onlangse beleidskonferensie het pres. Jacob Zuma dit reguit gestel dat dit die doel van sy party is om in Suid-Afrika ’n kommunistiese diktatuur te skep as die onvermydelike slotsom tot sy Sowjet-geïnspireerde Nasionaal-Demokratiese Revolusie (NDR).

Selfs betogers wat die afgelope week die deure van die parlement wou afbreek, sal nie genoeg wees om die party se koers te verander nie.

“Ons het al dikwels gehoor dat die regering nie sulke dinge sal doen nie weens die ekonomiese skade wat dit in Suid-Afrika sal aanrig. Dit is naïef. ”

My kollega dr. Anthea Jeffery het die volgende oor die NDR geskryf: “Die NDR bied, volgens die SAKP, die ‘reguitste’ pad na ’n sosialistiese en dan kommunistiese toekoms vir Suid-Afrika. Oor die algemeen glo die ANC dat hy nou genoeg beheer oor die polisie, leër, staatsdiens, regbank, media, sakeondernemings en ander meningsvormers het om te kan voortgaan met radikale ‘ekonomiese’ transformasie in hierdie tweede fase van die NDR.”

Wat ons verstom, is dat baie ontleders dit ontken. Hulle glo eenvoudig nie die woorde wat hulle van die ANC hoor nie. Die onweerlegbare bewyse van die kommunistiese aanslag kan nietemin oral om ons gesien word.

Die aanvalle op die media en voorgestelde mediatribunaal is reg uit die kommunistiese handboek.

Die bemagtigingsbeleid word gebruik om die outonomie van die private sektor te vernietig en die sakegemeenskap tot volkome afhanklikheid van die regerende party te dwing – presies soos in enige kommunistiese gemeenskap.

Die mosie om private skole te vernietig en die magte van skoolbeheerliggame te beperk is daarop gemik om ons kinders se siele te versmoor en hulle tot verstandlose eenvormigheid te fatsoeneer.

Die aanvalle op die regbank is ’n poging om enige beheer oor die mag van die staat te verhoed.

Elke enkele voorbeeld van die regering se voorgestelde “grondhervormingsbeleid” is gerig op die beëindiging van private eiendomsregte en om die hulpbehoewende landelike gemeenskappe totaal afhanklik van die regerende party te maak, soos die geval in die Sowjetunie was.

Waarom word die ANC nie geglo nie?

Ons het al dikwels gehoor dat die regering nie sulke dinge sal doen nie weens die ekonomiese skade wat dit in Suid-Afrika sal aanrig. Dit is naïef. Die ekonomiese skade sal eenvoudig voorgehou word as bewys van die “private sektor se weerstand teen transformasie”, op grond waarvan al hoe meer mag aan die staat toegesê sal moet word om dit te beheer.

Uiteindelik sal die staat so magtig wees dat wanneer gewone mense besef hoe hulle gemanipuleer is, daar niks sal wees wat hulle kan doen om dit te weerstaan nie. Kyk net hoe rustig het ANC-leiers die afgelope week in die parlement gesit en hande klap, selfs al het die minister van finansies vir hulle verduidelik hoe die ekonomie tot niet gaan, en die oorverdowende knal van skokgranate buite die deure hoorbaar was. Die ekonomiese agteruitgang van Suid-Afrika kwel hulle glad nie.

Ander mense sê die ANC verstaan eenvoudig nie watter skade hulle veroorsaak nie. Hulle weet, met ander woorde, nie van beter nie. Maar dit is weer eens naïef. Hul beleid is gesofistikeerd en met groot bedrewenheid geïmplementeer. Kyk maar net na die mag wat hulle oor sakeondernemings, boere, joernaliste en regters het.

Moenie daaraan twyfel dat die ANC presies weet wat hulle doen nie.

Hulle is deskundiges met waarmee hulle besig is en hulle weet presies waarheen hulle op pad is.-  Netwerk24

 

Opname deur Andre Visagie Deel 2 oor Selfbeskikking


imro


 

Enjoyed this post? Share it!